Centurion Theatre main banner image

Centurion Theatre

Lyttelton Manor, Centurion, Gauteng

Live Entertainment & Performances

123 Amkor Road
Lyttelton Manor
Centurion
City of Tshwane
Gauteng
Contact Number
012 664 7859
Email
[email protected]
Website
http://centurionteater.co.za/

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

Klik hier vir hierdie maand se gebeure: http://centurionteater.co.za/calendar-2/

Die Centurion Teater is geleë naby die N1 Snelweg, op die Bothalaan afrit in Amkorweg. Hierdie stylvolle, volledige toegeruste teater is baie gesog by kunstenaars en die publiek aangesien dit voorsien in die behoeftes van die perfekte uitgaan-aand. Voeg daarby die beste kunstenaars; sangers en akteurs wat elke aand baie spesiale vertonings aanbied terwyl jy ontspan met n glas uitsoek wyn – wat meer kan jy van vermaak vra!

By die CenturionTeater kan jy seker wees van gehalte vermaak in 'n knus omgewing. Wat ook al jou behoeftes, die personeel gaan uit hul pad om jou geleentheid so spesiaal moontlik te maak. Daar is genoeg sitplekke om 245 gaste in Teaterstyl te akkommodeer en 100 mense sit gemaklik om gedekte tafels.

Die Teater is meer as voldoende vir alle vertonings insluitende kabaret, komedie, drama en so meer en kan boonop ingespan word vir korporatiewe geleenthede, soos konferensies en seminare. By kunstenaars is gebruik van die Teater gewild vir CD-Vrystellings. Selfs 'n Verjaardagpartytjie kan gereël word waar jou gunsteling kunstenaar kan optree.

Centurion Teater spits hom daarop toe om vertonings in 'n ontspanne en intieme atmosfeer aan te bied. Die grootte van die Teater is van sò 'n aard dat dit bydra tot die intimiteit daarvan.

Om kaartjies vir vertonings te bespreek kontak:
Susan Botha: 012 664 7859/E-pos: [email protected]
Charles: 012- 664-7859/E-pos: [email protected]

Read More...

Visits: 1815