Bos Goggatjies Kleuter- en Naskool main banner image

Bos Goggatjies Kleuter- en Naskool

Sinoville, Tshwane North-East, Gauteng

Pre-schools, Crèches & Day Care

117 Sefako Makgatho Drive
Sinoville
Tshwane North-East
City of Tshwane
Gauteng
0182
Contact Number
012 567 7752
Email
[email protected]
Website
http://www.bosgoggatjies.co.za

Social Media

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

Wie is ons?

Bos Goggatjies Kleuter- en Naskool is ‘n Christelike dagsorg-fasiliteit wat daarna streef om kinders aktief te stimuleer om deur middel van onderrig en speel hulle volle potensiaal te bereik. Almal hier by Bog Goggatjies het ‘n passie vir kinders. Die kleuterskool bestaan nou reeds meer as 10 jaar, maar is onder nuwe eienaarskap en bestuur vanaf Februarie 2016.

Ons Visie

Om elke kind wat deur ons versorg word, ‘n liefdevolle, gebalanseerde en suksesvolle volwassene, met ‘n liefde vir God, te maak.

Ons Beleid

Ons is ‘n Christelike skool wat glo dat elke kind ‘n geskenk van God is en grootgemaak word om vissers van mense te wees. Met liefde, sorg en passie vir kinders bied ons ‘n veilige omgewing waar u kind met selfvertroue kan ontwikkel en tot hul volle potensiaal deur deelname aan speletjies, sport aktiwiteite en spesiale stimulerende opvoedkundige programme. Ons skool is geregistreer by die Departement van Gesondheid, Departement Sosiale Ontwikkeling, Onderwys Departement asook die Departement van Arbeid.

  • Ons is deel van SA Childcare
  • Daar is kameras in al die klasse en speel areas
  • Gekwalifiseerde onderwyseresse met Noodhulp sertifikate

Die Begin

Lank gelede, toe ek nog maar baie jonk was, kan ek onthou hoe die dominee se vrou, met hul 5 kinders, elke Sondag more by die kerk instap, dit het vir my altyd so lekker gelyk wanneer die ma met haar kinders almal om haar in die kerk banke sit… dis net daar wat ek besluit het dat ek dit ook eendag wil he. Kort na my eersteling se geboorte het ek besluit om verder te studeer. Ek het diplomas in Child Day Care en Child Psychology verwerf en as kleuterskool onderwyseres begin werk. Later is ek noodgedwonge in ‘n ander rigting, ek het diplomas verwerf in rekenaar programmering, databasis administrasie en die IT wereld betree. My droom om ooit omring te wees van kinders het al verder van die realiteit begin dryf.

Ek het nooit opgehou bid en glo daarvoor nie. Aan die einde van 2015 het ek en Elmarie eendag gesels oor ons onderskeie drome en die toekoms en toe ons weer ons oe uitvee was als gedoen. My lewens droom, waarvoor ek onophoudelik vir 20jaar gebid en God voor vertrou het, het waar geword. Nou is ek geseend om elke dag met ‘n hele klomp pragtige kinders te werk. Ek prys die Here elke oggend vir nog ‘n dag om deel te wees van soveel mense se lewens.

Read More...

PLEASE NOTE: Hours or services may differ due to COVID-19.

Visits: 2279