Afrikaanse Hoër Seunskool Pretoria main banner image

Afrikaanse Hoër Seunskool Pretoria

Clydesdale, Pretoria East, Gauteng

Educational Institution

1 Lynnwood Road
Clydesdale
Pretoria East
City of Tshwane
Gauteng
0002
Contact Number
012 344 3805
Contact Number
012 344 3807
Contact Number
012 344 3806
Email
[email protected]
Website
https://www.affies.com/

Social Media

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

Afrikaanse Hoër Seunskool Pretoria - AFFIES is vanjaar 101 jaar oud.

Afrikaanse Hoër Seunskool is geleë in ClydesdalePretoria en in 2021 – die jaar waarin ons skool 101 word kan ons terugkyk oor vele jare waarin ons skool van ‘n nederige begin gegroei het tot ‘n skool waarmee daar op alle vlakke in die samelewing rekening mee gehou moet word. Die skool is dankbaar vir soveel seëninge wat ons al soveel jare verryk.

Die Afrikaanse Hoër Seunskool, wat in God en in tydlose en universele waardes soos liefde, waarheid en hoop geanker is, streef daarna om sy unieke tradisie van uitnemende opvoedende onderwys te handhaaf en uit te bou tot voordeel van ons land en sy inwoners. Ons onderskryf die beginsels vervat in die Grondwet en beskou die regte uiteengesit in Hoofstuk 2 van die Grondwet as die basis van hierdie gedragskode.

Ons as onderwysers en leerders van die Afrikaanse Hoër Seunskool is lief vir en lojaal aan ons vaderland. Vir ons as onderwysers van die Afrikaanse Hoër Seunskool is elkeen van sy leerders kosbaar. Hulle welsyn en geluk is vir die skool ’n hoë prioriteit. Ons roeping as onderwysers is om, aanvullend tot hul ouers of voogde, ons leerders na volwaardige volwassenheid te begelei. Ons ag onsself dus as vennote van ons leerders se ouers en voogde en streef saam met hulle ’n hegte eenheid met ons leerders na.

In Afrikaanse Hoër Seunskool gee ons die ereplek aan God en is dankbaar vir die talente wat ons van Hom ontvang het. In aansluiting by die gees van die aanhef tot die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika: mag God ons skool seën.

- Ons streef daarna om hulpvaardig te wees en om te dien.
- Ons gehoorsaam en eer ons ouers en onderwysers en gedra ons hoflik teenoor alle mense, veral teenoor dames en ons meerderes.
- Ons woord is ons eer.
- Ons glo in selfbeheersing, selfdissipline, nederigheid en lojaliteit.
- Ons dien ons skool getrou en handhaaf sy goeie naam met woord en daad.
- Ons hou onsself en ons omgewing rein en skoon.

Read More...

KANTOORURE:
Maandae: 09:00 - 15:00
Dinsdae tot Vrydae: 07:30 - 15:00
Saturday & Sunday: Closed

SKOOLTYE:
Maandae tot Vrydae: 07:30 - 14:00
Saterdae & Sondae: Gesluit

TREE Brooklyn Branch
[email protected]
012 362 1396
View Profile
Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria
[email protected]
012 344 3811
View Profile
Visits: 2731