Die Hoërskool Menlopark main banner image

Die Hoërskool Menlopark

Menlo Park, Pretoria East, Gauteng

Educational Institution

412 Atterbury Road
Menlo Park
Pretoria East
City of Tshwane
Gauteng
0081
Contact Number
012 361 7738
Email
[email protected]
Website
http://[email protected]

Social Media

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

Die Hoërskool Menlopark - ʼn Skool met ʼn visie wat gewone kinders op ʼn ongewone manier begeester om buitengewone hoogtes ʼn leefwyse te maak.

Die Hoërskool Menlopark is geleë in MenloparkPretoria en is een van Suid-Afrika se topskole, bekend vir uitnemendheid op vele terreine. Ons skool is bekend as ’n skool met eietydse tradisies, waarbinne Menlo-manne en Menlo-meisies in volkome gemak lángs mekaar en nie ín mekaar se skaduwee nie, ontwikkel en die hoogste nastreef.  Ons skool se sukses is gewortel in hierdie hegte eenheid - ons verskille maak ons sterker en ons passie gee ons rigting – ʼn rigting waarin ons ons skool se leuse Excelsa Petamus (ons streef die hoogste na) met trots uitleef en nastreef.

Dinamiese onderwysers en ‘n heerlike skoolgees vind neerslag in ons spontane, informele credo: “Absolut Menlo”. Die Hoërskool Menlopark bied aan elke leerder ’n groot verskeidenheid wyduiteenlopende ontwikkelingsgeleenthede wat elke Parkie komplementeer. Só word elkeen se unieke persoonlikheid en Godgegewe talente, tydens 5 jaar se ononderhandelbare akademiese toewyding, ontwikkel.

Na meer as 50 jaar is en bly een van die skool se besonderse kenmerke  sy warmte,  sy leerders se deurlopende betrokkenheid en die veilige gesinstruktuur waarin elke leerder die geleentheid kry om sy potensiaal maksimaal te ontwikkel en nuwe geleenthede met waagmoed te beproef. Ons uitnemende prestasies op alle terreine - akademie, sport, kultuur en leierskap, het geen verdere bekendstelling nodig nie  -  nóg in Pretoria en onmiddellike omgewing, nóg waar jonk en oud hulle landswyd in gerekende en gerespekteerde geselskap bevind.

Die Hoërskool Menlopark se hartklop  is geanker in Christelik gefundeerde onderrig binne ’n raamwerk van selfdissipline en ononderhandelbare waardes van integriteit, lojaliteit, respek en ywer. Ons skool is ons trots en ons leerders dra dié trots in hulle harte saam die toekoms in.

Excelsa Petamus! Ons streef die hoogste na!

Read More...

SKOOLTYE:
Maandae tot Donderdae: 07:30 - 14:00
Vrydae: 07:30 - 13:20
Saterdae & Sondae: Gesluit

TREE Brooklyn Branch
[email protected]
012 362 1396
View Profile
Au Pair Explore Pretoria
[email protected]
012 329 9853
View Profile
Visits: 2454