Nederduitsch Hervormde Kerk - Rooihuiskraal main banner image

Nederduitsch Hervormde Kerk - Rooihuiskraal

The Reeds, Centurion, Gauteng

Place of Worship

Cnr Santie Street & Konstantyn Street
The Reeds
Centurion
City of Tshwane
Gauteng
0158
Contact Number
012 657 1281
Fax Number
086 547 2927
Email
[email protected]
Website
http://nhkrhk.co.za/

Social Media

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

Jaco Vogel
Leraar

082 788 4877
View Ecard

Nederduitsch Hervormde Gemeente Rooihuiskraal - NHKA

NHK Rooihuiskraal is 'n gemeente van die Nederduitsch Hervormde Kerk wat geleë is in The Reeds, Centurion en ons droom is dat alle mense in Jesus Christus sal glo as hoop vir die wêreld. Ons missie is om werklik Kerk van Christus te wees deur te fokus op: viering, gemeenskap, diens en getuienis. Daarom wil die NHK as gemeenskap van gelowiges ons geloof in Jesus Christus in woord en lied vier, mense dien en van die verlossing in Christus getuig.

Kerkwees in die huidige tyd waarin ons leef trotseer baie uitdagings. Dit beteken dat geloof dus ook uitdagings ervaar. Die kerk as liggaam van Christus het die roeping om die evangelie uit te dra en daar is heelwat Bybelse tekste wat hierdie opdrag van kerk en gelowig wees omskryf. As deel van die liggaam van Christus streef ons daarna om gerig deur die Woord ‘n dienende geloofsgemeenskap te wees. Om deel te wees van ‘n gemeente beteken om deel te wees van mekaar se lewe.

In hierdie geloofsgemeenskap sit ons saam om ‘n tafel en deel ons dit wat ons ontvang. Wanneer Jesus die eerste keer aan sy dissipels die Nagmaal bedien, sê hy aan hulle: “Neem dit en gee dit vir mekaar aan.” (Lukas 22:17). Ons wil hierdie opdrag oor die wye spektrum van ons geloof en kerkwees toepas. Ons wil nie net ontvang nie, maar ook deel. Soos enige huisgesin sit ons saam aan ‘n tafel en deel in mekaar se lewe. Ons lag saam, ons huil saam en ons verskil van mekaar.

Read More...

Eredienste:
Sondagoggend: 09:00
Aandbyeenkoms (Wandel in die Woord): 17:30 

Search Partners Category
Nederduitsch Hervormde Kerk - Pretoria-Oos Place of Worship Nederduitsch Hervormde Kerk Pretoria-Oos Church NHKA gemeente
Tshwane Church Leaders Forum (TCLF)
[email protected]
012 362 1396
View Profile
JAMii Business Forum Centurion
[email protected]
081 788 1229
View Profile
Nederduitsch Hervormde Kerk - Pretoria-Oos
[email protected]
012 460 8441
View Profile
Visits: 2727