Sy Familie Kerk Moot main banner image

Sy Familie Kerk Moot

Villieria, Pretoria Moot, Gauteng

Place of Worship

EE-building (old Pierneefrant NG-kerk building)
318 Heckroodt Street
(Between 32nd & 33rd Avenue)
Villieria
Pretoria Moot
City of Tshwane
Gauteng
0157
Contact Number
082 434 7389
Email
[email protected]
Website
https://www.syfamiliekerk.co.za/

Social Media

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

Sy Familie Kerk Moot is 'n Afrikaanse gemeente gesetel in die ooste kant van hierdie groot area in Pretoria en ons missie is dat ons 'n kerk sal wees waar Jesus Christus harte en huise aktiveer, om in vryheid die wereld te transformeer.

Die Here doen 'n nuwe werk in ons elkeen en ook deur ons saam vir Sy koningkryk in hierdie gevestigde area met so sterk kerk agtergrond en tradisie. Mense uit verskillende kerkagtergronde word bedien en ons sien dat die Here iets nuuts doen in ons en deur ons tot Sy eer, vry van ou tradisies en kulture. Familie is een van ons kernwaardes en daarom bestaan ons ook meestal maar nie eksklusief uit huisgesinne van 2 tot 3 generasies. Die gemeente is oral oor die Moot omgewing versprei tot so vêr as die Wilgers area. Mense van alle ouderdomme word deel met 'n fokus op die bediening van manne, vroue en kinders.

Ons glo dat die kerk is die plek waar ons as kinders van God saamgevoeg word in die familie van God die Vader. Elkeen is welkom in by God en daarom ook welkom Sy familie. Ons is Sy kinders elkeen en daarom 'n koningkryks-familie wat leef in die huis van die Vader as mede familielede. God stel Homself aan ons voor as 'n Vader wat versoening bewerk en verhouding verlang met Sy kinders deur die werk van Christus aan die kruis. Elkeen wat glo in Jesus Christus word deel van hierdie familie. Die lokale kerk of gemeente is soos 'n familie van gelowiges wat saam onder die liefde en genade van God leef, aanbid en werk in die omgewing, stad en wyer wêreld gelei deur die krag van die Heilige Gees.

Betrokkenheid is die hart van gemeentelewe en familie van Christus wees. Die kerk van die Here Jesus kan net Sy rol in die wêreld vervul om Hoop te bring as elke gemeentelid op een of ander manier betrokke is om die boodskap van Hoop uit te dra. Ons wil graag help om jou en jou gesin te sien integreer in hierdie lewe wat God vir elke gelowige het as deel van die liggaam van Christus of 'n lid van die liggaam of 'n gesinslid in die huis van God. Lidmaatskap impliseer betrokkenheid. Dit is gebeur wanneer iemand of 'n gesin betrokke raak in aksies van die gemeente bv. uitreiking, seminare, Sondagdienste, en kleingroep byeenkomste bv. manne, vroue, jongmense of tieners.

Read More...

Sondae in die Moot: Vanaf 10:00

In die week:
Orals in Pretoria Moot in kleiner groepe.

Tshwane Church Leaders Forum (TCLF)
[email protected]
012 362 1396
View Profile
Visits: 688