Doxa Deo Meyersdal Campus main banner image

Doxa Deo Meyersdal Campus

Meyersdal, Alberton, Gauteng

Place of Worship

10 Grey Villea Street
Meyersdal
Alberton
City of Ekurhuleni
Gauteng
1448
Contact Number
010 109 4444
Email
[email protected]
Website
https://www.doxadeo.org/meyersdal/

Social Media

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

Doxa Deo - Meyersdal Campus

Doxa Deo Meyersdal Kampus is deel van ‘n groter familie wat passievol is oor God en mense. Ons droom is om stede te verander na plekke waar God regeer. Ons doen dit deur ons passie vir God uit te leef in ons gemeenskap, ‘n impak te maak by ons werksplekke en behoeftes in die gemeenskap aan te spreek.

Doxa Deo funksioneer as een gemeente in ‘n stad met ‘n verskeidenheid kampusse en bedieninge. Alles wat ons doen fokus op die toerusting en oprigting van ons mense sodat hulle agente van positiewe verandering kan wees in hulle wêreld. Ons noem hulle ‘City Changers’ wat hulle God ken en Mense liefhet en hulle Wêreld impakteer met die waarheid van Jesus. (Knowing God, Loving People, Impacting my World)

Ons is op ‘n missie om die positiewe invloed van Jesus se waardes te neem na elke sektor van die samelewing. Ons glo dat kerk, opvoedkunde, sosiale dienste, besigheid, media, kunste, sport en plaaslike regering sal floreer as die lewegewende waardes van Jesus in al hierdie sektore sigbaar word.

Hoekom Vennootskap?
Dit is vir ons belangrik dat mense sal beweeg van blote bywoners van ons dienste om in te skakel by die verhoudings en aktiwiteite en missie van ons gemeente. Die Bybel gebruik verskillende metafore vir die kerk van Jesus bv ‘n bruid, ‘n weermag, ‘n geestelike gebou of ‘n liggaam. Ons hou van die gedagte wat ons vind in 1 Korinthiërs 3:9 dat ons mederwerkers van God is. Uit hierdie gedagte het die konsep van geestelike vennootskap ontstaan.

Ons is nie net lidmate van ‘n kerk nie, ons is vennote van God se missie vir ons wêreld. Vennootskap dui daarop dat ons met ons tyd en ons energie en ons finansies die Here se koninkryk vestig orals waar ons funksioneer.

Bywoning: Ons wend ons tyd aan om gemeentelewe te prioritiseer.

Bydra: Ons wend ons unieke talente aan om die liggaam van Christus strek te maak.

Belegging: Ons wend ons finansiele vermoëns aan om die kerk van Jesus te bou.

Doxa Deo, ons is ‘n Familie op Missie!!!

Read More...

KANTOORURE / OFFICE HOURS
Monday to Friday: 08:00 - 16:00

Saturday: Closed

SONDAE DIENSTYE / SUNDAY SERVICE TIMES
Oggenddienste / Morning Service: 09:00 (Afrikaans)
Aanddiens / Evening Service: 17:30 (English)

Doxa Deo Leadership Centre

012 991 3883
View Profile
Search Partners Category
TREE Meyersdal Branch Youth Organisation TREE Meyersdal Branch TRansforming Educational Environments
TREE Meyersdal Branch
[email protected]
010 109 4444
View Profile
Visits: 2120