Ewige Lig Kerk Pretoria main banner image

Ewige Lig Kerk Pretoria

Montana Park, Pretoria North East, Gauteng

Place of Worship

DG Rynders Building
1154 Tibouchina Street
Montana Park
Pretoria North East
City of Tshwane
Gauteng
0182
Contact Number
012 751 1177
Contact Number
071 420 7773
Email
[email protected]
Website
http://ewigelig.co.za/

Social Media

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

Die Ewige Lig Kerk - Eternal Life Church

Ewige Lig Kerk is a Christian Church located in Montana, Pretoria North East, South Africa.

Ewige Lig is gestig in Februarie 2009 onder leiding van Pastoor Martin Smit wat ook die ampsposisie van Apostel in die kerk vervul. As gevolg van die vinnige groei en uitbreiding is dit duidelik dat ons Hemelse Vader ‘n plan en doel met Ewige Lig het.

Jesus Christus het self Sy kerk gestig in Matt: 16:18-19 “En Ek sê ook vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my gemeente bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie. En Ek sal jou die sleutels van die koninkryk van die hemele gee; en wat jy ook op die aarde mag bind, sal in die hemel gebonde wees, en wat jy ook op die aarde mag ontbind, sal in die hemel ontbonde wees.” In hierdie gedeelte sien ons dat Jesus Christus vir ons outoriteit gee oor die vyand, siektes en situasies! In Matt: 28:19-20 gee Jesus Christus ons die opdrag om dissipels te maak van al die nasies, ons moet die evangelie verkondig en ons moet doop in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees.

Pastoor Martin het die belangrikheid van hierdie opdrag besef en daarom is elke preek en lering gefondeer op die volle waarheid van die Woord, en is tot stigting en opbouing vir die gemeente. Ewige Lig is ‘n kerk waar die Heilige Gees in volle krag en mag werk.

Ewige Lig het kerkdienste op Sondae om 08:00, 10:00 en 18:00, asook ander spesiale dienste, wat wêreldwyd regstreeks uigesaai word deur middel van YouTube, Facebook en Ewige Lig Internet Radio.

Ons infrastruktuur bestaan uit 13 pastore, eenhonderd-en-vyftig Ouderlinge en Diakens, ‘n sterk intersessorspan en ‘n omvattende beradings netwerk. Ewige Lig het verskeie selgroepe, insluitend vir jeug en jong volwassenes, wat aangebied word op Dinsdae of Woensdae om 19:00. Daar is ook Jeugdienste in die Jeugkerk Sondagaande om 18:00.

Ewige Lig Kinderkerk bedien kinders vanaf 3 – 13 jaar tydens elke diens. Daar is verskeie kinderkerk-klasse met ‘n totaal van 35 onderwysers. Daar is ook ‘n babaklassie beskikbaar vir babas vanaf 2 maande – 2 jaar met 5 oppassers.

Ewige Lig Tienerkerk het 15 leiers wat toegewyd en toegerus is om te bedien. Elke diens het lofprysing en ‘n kragtige boodskap vir tieners 14 jaar en ouer wat plaasvind op Sondae om 08:00 en 10:00.

Our Vision / Ons Visie:
To lead as many people to Christ as possible. We have a desire to change people's lives.
Om soveel moontlik mense na Jesus te lei. Ons het 'n begeerte om mense se lewens te verander

Read More...

Office Hours:
Monday: Closed
Tuesday: 9:00 - 17:00
Wednesday: 9:00 - 17:00
Thursday: 9:00 - 21:00
Friday: 9:00 - 17:00
Saturday: Closed
Sunday: 06:00 - 12:30, 16:00 - 22:00

Sunday Services:
Sunday: 08:00, 10:00 & 18:00

Tshwane Church Leaders Forum (TCLF)
[email protected]
012 362 1396
View Profile
Visits: 705