AP Kerk Moot Sentraal

Moregloed, Pretoria North East, Gauteng

Place of Worship

1212 Ben Swart Street
Moregloed
Pretoria North East
City of Tshwane
Gauteng
0186
Contact Number
012 333 8987
Contact Number
012 333 2707
Email
[email protected]
Website
https://apkmootsentraal.com/

Social Media

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

Die Afrikaanse Protestantse Kerk Moot Sentraal is jou AP Kerk in die Moot.

Ons verkondig Christus wat gekruisig is ... Christus, die krag van God en die wysheid van God – 1 Kor. 1:23-24

Die Afrikaanse Protestantse kerkverband bestaan uit gereformeerde kerke (gemeentes) van Christus wat:

- Die Drie-enige God waarlik wil ken en wil dien;

- Jesus Christus as Here bely en in Hom as die enigste Middelaar hulle volle redding verwag;

- in ‘n wêreld wat die mens al meer sien as die norm van sy eie besluite, glo dat die oppermag van God vanuit sy Woord onverskrokke verkondig moet word;

- hul kerkwees bou op die Bybel as Woord van God;

- hulle roeping daarin vind om God se Woord suiwer te verkondig en hierin staan die uitgangspunte van die reformasie vir hulle sentraal, te wete: Die Woord alleen (Sola Scriptura), Christus alleen (Solus Christus), genade alleen (Soli Gratia) en geloof alleen (Sola Fide) en aan God alleen die eer (Soli Deo Gloria);

- die volgende belydenisskrifte aanvaar omdat dit in ooreenstemming met God se Woord is: Ekumeniese belydenisse: die Apostoliese Geloofsbelydenis; die Geloofsbelydenis van Nicea en die Geloofsbelydenis van Athanasius. Gereformeerde Belydenisskrifte: die Nederlandse Geloofsbelydenis; die Heidelbergse Kategismus en die Dordtse Leerreëls;

- dus in die tradisie van die Hervorming staan;

- elk as pilaar en grondslag van die waarheid, mense tot dissipels wil maak van die Drie-enige God en hulle wil leer om alles te onderhou wat die Here sy kerk beveel het.

Read More...

Kantoorure:
Maandag: 09:00 – 12:00 (012 333 8987)
Dinsdag tot Donderdag: 09:00 – 13:00 (012 333 2707)
Vrydag: Gesluit

Blits Electrical & Hardware Pretoria
[email protected]
012 332 1815
View Profile
Visits: 1630