NG Kerk Algemene Sinode (Klipkerk) main banner image

NG Kerk Algemene Sinode (Klipkerk)

Hatfield, Pretoria East, Gauteng

Place of Worship

Cnr Jan Shoba (Duncan) & Pretorius Street
(Entrance in Jan Shoba Street)
Hatfield
Pretoria East
City of Tshwane
Gauteng
0083
Contact Number
012 342 0092
Fax Number
012 342 0370
Email
[email protected]
Website
https://ngkerk.net/

Social Media

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

NG Kerk Algemene Sinode (Klipkerk)

Die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika (NG Kerk) sien homself as ‘n deel van die Christelike geloofsgemeenskap. Hierdie godsdiens het wêreldwyd versprei sedert die begin van die Christelike era aan die begin van ons jaartelling.

Die NG Kerk dank God dat ons in so ‘n uitdagende tyd, binne ‘n Suider-Afrikaanse konteks saam met ander kerke, God se kerk mag wees. Sy liefde en genade is sonder twyfel groot. Die NG Kerk besef, en het uit die geskiedenis geleer, dat ons net werklik kerk van God kan wees as ons onsself prysgee en Hom volg.  Die Drie-enige God stuur ons sy wêreld vol as getuies van sy liefde vir sy hele skepping.

Samestelling van die NG Kerk:

Die Nederduitse Gereformeerde Kerk (NG Kerk) bestaan as organisasie uit tien (10) sinodes. Nege sinodes is in Suid-Afrika. Die tiende sinode is in Namibië. Die sinodes se grense volg min of meer dié van die provinsies van die land. Die 10 sinodes neem verantwoordelikheid vir die werk binne geografiese streke in Suider-Afrika. Die 10 sinodes bestaan uit 1 158 gemeentes wat in 144 ringe saamgegroepeer is met 1 074 765 doop- en belydende lidmate.

Elkeen van die verskillende sinodes het hulle eie sinodale struktuur met ‘n eie sinodale kantoor in die hoofsentrum (dorp of stad) wat daardie betrokke sinode bedien. Elke sinode het ook jurisdiksie oor hulle eie werksaamhede. Op die plaaslike vlak is die kerkraad van elke gemeente saam met die gemeentelike leraars (1602 predikante is in diens van die NG Kerk) verantwoordelik vir die pastorale versorging en uitbou van die kerk.

Saam vorm die tien sinodes die Algemene Sinode van die NG Kerk. Die Algemene Sinode het in 1962 tot stand gekom. Die Kantoor van die Algemene Sinode is tans in Pretoria gesetel met ander administratiewe komponente (hoofsaaklik kommunikasie en media) in Wellington en Bellville.

The Dutch Reformed Church organization:

As an organization, the Dutch Reformed Church (DRC) consists of ten (10) synods, of which nine are in South Africa. The tenth one is in the neighbouring country of Namibia. The borders of the synods closely resemble those of the various provinces of South Africa, Namibia Zimbabwe and Zambia.

Every synod has its own regional structure, with a head office situated in the main town/city of that province. Every synod also has full jurisdiction over its own affairs. In total there are 1158 congregations, geographically organized in 144 presbyteries (circuits). Total membership is 1,074,765. At local level (congregation) the church council, with the local pastors (there are 1,602 ordained ministers in the DRC), are responsible for pastoral care and ministry.

Every two to four years (depending on the resolution taken at the previous General Synod) the various synods come together as the General Synod of the Dutch Reformed Church, which was established in 1962. The office of the General Synod is in Pretoria (Gauteng Province), while more administrative components (mainly media and archives) are situated in Wellington and Stellenbosch (Western Cape Province).

Read More...

Monday to Friday: 08:00 - 16:00
Saturday: Closed
Sunday: Closed

Tshwane Church Leaders Forum (TCLF)
[email protected]
012 362 1396
View Profile
Visits: 913