Hervormde Teologiese Kollege (HTK) main banner image

Hervormde Teologiese Kollege (HTK)

Groenkloof, Pretoria East, Gauteng

Place of Worship

Erfenissentrum
Eeufees Street
Monumentheuwel
Groenkloof
Pretoria East
City of Tshwane
Gauteng
0181
Contact Number
012 420 3156
Contact Number
012 322 8885
Email
[email protected]
Website
https://nhka.org/

Social Media

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

Nederduitsch Hervormde Kerk - Hervormde Teologiese Kollege (HTK)

Die Hervormde Teologiese Kollege, of HTK soos algemeen in die Kerk bekend, is op 1 Januarie 2000 in die lewe geroep, en die eerste voltydse hoof was prof TFJ (Theuns) Dreyer. Die ooreenkoms wat met die Universiteit van Pretoria gesluit is, het kortweg daarop neergekom dat die Hervormde Kerk kantoorruimte kon huur en lesinglokale tot ons beskikking kon hê vir die kerkspesifieke opleiding van die Hervormde studente. Sedertdien het die HTK die wonderlike voorreg gehad om ons studente in die hartjie van hul akademiese omgewing vir hul toekomstige werk in die Kerk af te rond.

 

Sedert 2016 het die teologiese kurrikulum aan UP verander. Die BTh-graad is vervang met ’n BDiv-graad. Die MDiv-graad wat oor twee jaar gestrek het, beslaan nou net die vyfde jaar en is gelykstaande aan ’n M-kwalifikasie. Dit bring mee dat studente tans hul skripsie gedurende die vyfde jaar moet voltooi – wat uiteraard groter druk teweegbring. ’n Verdere voordeel is dat studente na afloop van die MDiv-graad, redelik gou met ’n PhD kan begin.

Die sesdejaarstudente deurloop sedert 2017 ’n Nagraadse Diploma in Teologie en Kerklike Bediening (NGDip). Hierdie diploma word deur UP uitgereik. Aan die einde van hul teologiese studies sal proponente oor twee grade beskik, naamlik ’n BDiv en ’n MDiv, asook twee diplomas, naamlik die NGDip (UP) en die DKB-diploma wat die HTK uitreik.

Read More...

Tshwane Church Leaders Forum (TCLF)
[email protected]
012 362 1396
View Profile
Visits: 504