Laerskool Bakenkop main banner image

Laerskool Bakenkop

Wierdapark, Centurion, Gauteng

Educational Institution

5 Underberg Street
Wierdapark
Centurion
City of Tshwane
Gauteng
0157
Contact Number
012 653 4187
Contact Number
083 680 0100
Fax Number
012 653 4129
Email
[email protected]
Website
https://www.laerskoolbakenkop.co.za/

Social Media

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

Laerskool Bakenkop

Die Laerskool Bakenkop geleë in Wierdapark, Centurion, is 'n dinamiese gebalanseerde Afrikaanse skool met +-1160 leerders en sukses word verseker deur die professionele onderrigspan wat leerlinge aanspoor tot selfstandige en kreatiewe leer en toepassing met Christelike waardes en uitstekende tegnologiese hulpmiddels.

Die personeel verskaf 'n balans tussen die beste akademiese, kulturele en sportgeleenthede met die klem op gelukkige kinders wat hulle volle potensiaal ontwikkel. Die ouers word betrek om pro-aktiewe steun te bied. Die skool se leerlinge presteer op verskeie  terreine en lewer jaarliks uitblinkers, provinsiale sowel as nasionale spelers op. Benewens al die gewone sportsoorte en kultuur aktiwiteite wat aangebied word is daar ook Boogskiet, Jukskei, Ligte Liedjies en 'n toneelgroep wat jaarliks puik prestasies behaal.

Remediërende onderrig word tydens skoolure aangebied sonder enige koste vir die ouers. Ons beskik ook oor 'n berader en verskeie terapeute op ons terrein. Voorts volg die skool 'n geen-boelie beleid en alle sake rakende afknouery word vinnig deur die personeel opgevolg. Ons moedig deelname aan sodat elke kind ‘n geleentheid het om deel te neem.

Speelruimte is vir ons baie belangrik en ons groen gras orals in die skool getuig daarvan.Ons is deel van ‘n Super 8 skole reeks waarin ons teen mekaar meeding op alle sport en kultuur aktiwiteite. Om te wen is lekker, om deel te neem nog lekkerder en om dit te geniet die beste!

In Januarie 1982 het die skool onder die dak van Laerskool Wierdapark begin. Die skool het toe bekend gestaan as Tweede Laerskool Wierdapark onder leiding van die waarnemende hoof, mnr PSN Swart. Op 23 April het ons ons eie gebou betrek en almal het van die “Veldskool” gepraat. In Oktober 1982 het die skool die naam Laerskool Bakenkop gekry. Ons skoollied is deur wyle Koos du Plessis geskryf en die woorde “trou aan ons eie" is as leuse gekies. Ons skoolwapen is op 20 Februarie 1984 deur die Buro van Heraldiek goedgekeur.

Ons skool sal op 23 April 2022 40 jaar oud wees en beplan ons n groot reunie vir al die oud Bakies!

HOEKOM LAERSKOOL BAKENKOP?

- 'n Dinamiese gebalanseerde Afrikaanse skool met +-1160 leerders.
- Ons is kindgedrewe.
- Hier kry elke kind ‘n geleentheid om deel te neem.
- Hoë vlak akademie. Ons fokus nie net op die toppresteerders nie.
- Hier word elke kind herken en erken.
- Hier is genoeg speelruimte vir almal.
- Ons is deel van ‘n Super 8 reeks.
- Uitstekende Gr R fasiliteite.
- Ons leerders leer waardes weekliks aan.

Read More...

Skoolure:
Maandag tot Vrydag: 07:30 - 13:45
Saterdag & Sondag: Gesluit

TREE Raslouw Branch
[email protected]
081 276 0426
View Profile
Visits: 572