Laerskool Tygerpoort main banner image

Laerskool Tygerpoort

Shere AH, Pretoria East, Gauteng

Educational Institution

41 Henry Road
Shere AH
Pretoria East
City of Tshwane
Gauteng
0084
Contact Number
012 809 0029
Contact Number
012 809 0340
Email
[email protected]
Website
https://www.tygies.co.za/

Social Media

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

Laerskool Tygerpoort - 'n Skool vir ware wenners

Laerskool Tygerpoort is geleë in Shere AHPretoria Oos en dit het alles begin met 'n klein plaasskooltjie, ver buite die stad. Meer as 'n 100 jaar later, het hierdie klein plaasskooltjie groot geraak en is ons lankal nie meer ver buite die stad nie, maar wel 'n uitnemende laerskool, steeds met 'n plaasgevoel, in die ooste van Pretoria. Hier kom ons kinders nog kaalvoet skool toe, leef naby die natuur op ons pragtige terrein, maar vorm deel van alle geleenthede wat 'n toonaangewende skool soos Laerskool Tygerpoort bied. Hier presteer leerders nie net op akademiese gebied nie, maar net so goed op die sport- en kultuurvelde.

Die skool bestaan vandag uit nagenoeg 1200 leerders en 'n onderwyserskorps van 80. Ons staan onder die bekwame en passievolle leierskap van mnr. N.J. Coetzee en sy Skoolbestuurspan. Verder word ons bygestaan deur 'n betrokke, ervare en bekwame Ouerbeheerliggaam. Wees verseker dat Laerskool Tygerpoort in die volgende 100 jaar sal aanhou voortbou op ons sterk fondamente wat ons deur die eerste 100 jaar gedra en gebou het.

ONS VISIE
‘n Skool met karakter, ‘n Skool wat ‘n verskil maak, TROTS TYGIELAND

ONS MISSIE
Om elke kind se uniekheid en karakter te (er)ken, te vorm en te bou.
Om verhoudings te bou, geleenthede te bied en boustene te lê... vir elke kind se pad wat wag.

ONS FONDAMENTE

- Trots
- Tradisies en Christelike karakter
- Optimale leer
- Landelike omgewing
- Ouer- en gemeenskap betrokkenheid

'n Skool met karakter, 'n Skool wat 'n verskil maak “Trots Tygerpoort!”

Read More...

SKOOLURE:
Aankomstyd is vanaf 07:10 tot 7:45.
Leerders verdaag vanaf 13:00 - 13:30. 

Wagklas is op die terrein SLEGS vir leerders wat wag vir ouer boeties en sussies in die laerskool.
  Maandae - Donderdae tot 13:55.

Tygieland het 'n naskool eksklusief vir graad RR- en R-kleuters.
Die naskooltye is vanaf 13:30 - 17:30.

TREE Faerie Glen Branch
[email protected]
071 144 7572
View Profile
Visits: 735