Laerskool Newtonpark main banner image

Laerskool Newtonpark

Newton Park, Gqeberha | Port Elizabeth, Eastern Cape

Educational Institution

Between Hudson & Willet Streets
Newton Park
Gqeberha | Port Elizabeth
Nelson Mandela Bay
Eastern Cape
6045
Contact Number
041 365 1233
Fax Number
041 365 2586
Email
[email protected]
Website
https://laerskoolnewtonpark.co.za/

Social Media

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

Laerskool Newtonpark

Laerskool Newtonpark is geleë in Newton Park, Gqeberha (Port Elizabeth) en is ‘n trotse Afrikaanse skool met ‘n ryke geskiedenis, die etos van die skool rus op vier pilare, naamlik: geestelik, akademie, sport en kultuur. Ons kan met trots sê dat al vier pilare in ons skool ewe sterk staan. Gebruik die webwerf om meer uit te vind oor ons pragtige skool en kinders.  Ek is oortuig daarvan dat Laerskool Newtonpark beslis ‘n positiewe verskil aan u kind kan maak.

As vennote in die opvoeding van u kind, glo ons dat ons saam met u ons beste sal gee sodat u kinders hulle volle potensiaal kan bereik met die hulp van ons Hemelse Vader en ons glo dat uitnemendheid by omgee begin.

VISIE EN MISSIE

Laerskool Newtonpark is daargestel om 'n veilige, beskermende en opvoedende onderrig-tuiste te bied vir leerders wat onderrig wil word in hulle moedertaal, Afrikaans. Die instelling se programme plaas klem op die ontwikkeling van die leerders se eerste taal en die skep van 'n positiewe selfbeeld, asook die vorming van gebalanseerde landsburgers. Daarnaas word ruimte geskep vir die aanleer van ander tale.

Ons glo aan ons skool as 'n instelling van uitnemendheid waar gehalte onderwys en onderrig die wagwoord is. Daarvoor benodig ons spanwerk. Spanwerk sal in 'n toenemende mate individuele verantwoordelikheid en innoverende gedagtes bevorder.

Ons doel en strewe is om gesonde dissipline, selfbeheer en verantwoordelikheid aan ons leerders te leer. Ons is van mening dat 'n kind begin om respek vir ander en vir materiële goedere te toon wanneer hy/sy erken, aanvaar en waardeer word vir dit wat hy/sy is. Verder, dat hy/sy die geleentheid moet kry om sukses te kan ondervind in 'n omgewing wat uitdagings bied, maar ook tog beskermend is. Deur aktief te luister na ons kinders kan ons maniere en woorde vind, binne hulle ondervindingsveld, wat die probleem kan oplos.

Ons glo dat 'n Christelike omgewing juis daardie begrip, veiligheid en balans kan bied. Ons leerders word geleer om te dink en te doen.

Die rol van die ouer en sy/haar betrokkenheid speel 'n sentrale rol in die bestuur van ons skool. Ouers raak betrokke deur middel van die bestuursplan van hierdie skool, d.w.s deur die dien op 'n komitee van die Beheerliggaam. Gereelde vergaderings is daarom nodig.

Ons wil graag nouer verhoudinge tussen die opvoeders en ouers en kinders van die skool bevorder. Daar moet 'n gevoel van eenheid en van spanwerk wees om ons kinders die beste te kan bied. Kom kuier by ons en ervaar eerstehands hoe kinders in ‘n positiewe omgewing tot hul volle potensiaal ontwikkelword.

Read More...

Skoolure:
Maandae tot Vrydae 07:00 tot 16:00

JAMii Business Forum Nelson Mandela Bay
[email protected]
081 788 1229
View Profile
TREE Brymore Gqeberha Branch
[email protected]

View Profile
Visits: 630