Laerskool Wonderboom main banner image

Laerskool Wonderboom

Annlin, Sinoville, Pretoria North East, Gauteng

Educational Institution

Cnr Braam Pretorius & Jan Booysen Streets
Annlin, Sinoville
Pretoria North East
City of Tshwane
Gauteng
0084
Contact Number
012 543 0208
Contact Number
012 543 0209
Fax Number
012 543 0875
Email
[email protected]
Website
http://www.wonwen.co.za/

Social Media

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

Laerskool Wonderboom

Laerskool Wonderboom is geleë in AnnlinPretoria en is 'n doelgerigte Afrikaanse skool gewortel in etiese waardes, waar kwaliteit onderrig en gelyke geleenthede gebied word. Dit is ‘n skool waar daar al ‘n trotse 54 jaar lank gewoeker en gewerk word. Die skool se leuse, “Staan Vas”, is die goue weefdraad deur al die bestaansjare in hul waardes, geloof en passievolle onderrig. Vandag is die strewe steeds om te bou en te verbeter en sodoende net die beste vir die skoolgemeenskap te verseker.

Net soos die boom op die skoolwapen wonderkrag en standvastigheid simboliseer, vorm die vaslegging van goeie leerkennis en deelname aan sport- en kultuuraktiwiteite die grondslag by Laerskool Wonderboom. Elke leerder word as uniek beskou en so gelei dat hulle hul potensiaal ten volle kan ontwikkel en verwesenlik. Om suksesvol te wees, streef die Wonnies om op sterk punte te fokus en nie op swakhede nie. Leerders word geleer om eie denke te bou in omgewings wat geleenthede daarvoor skep.

Vormende waardes en vernuwing is die rigsnoer van onderrig in die klaskamer. Tegnologie dra by tot kreatiewe, interessante en lewendige klasaanbiedings en elke klaskamer is toegerus met dataprojektors en internetverbindings. Die droom om ‘n tegnologiese Wiskundeperiode te skep, begin vorm kry. Wiskundeklasse word in graad 4, 5 en graad 6 verdeel sodat daar gemiddeld 16 leerders in ‘n klas is.

Verskeie kreatiewe vaardighede in die kunsklas skep geleenthede vir leerders om kreatiewe denke visueel te verbeeld. Leerders bou daarop voort in die hoërskool en dit is sigbaar in die uitsonderlike prestasies wat daar bereik word. Met ‘n geesdriftige, toegewyde en goed opgeleide personeelkorps, word leerders begelei en die pad aangewys om hulle voor te berei op die lewe.

Die reëls van die skoollied vat alles saam: “O wonder van ‘n duisend jaar, hoe vas het jy gestaan”.

Op die Wonniewerf word Wonnies wenners!

Read More...

Mondae tot Donderdae: 07:00 - 15:00
Vrydae: 07:00 - 13:30
Saturday: Closed
Sunday & Public Holidays: Closed

TREE Wonderboom Branch
[email protected]
012 534 3049
View Profile
Visits: 684