Laerskool Louis Leipoldt main banner image

Laerskool Louis Leipoldt

Lyttelton Manor, Centurion, Gauteng

Educational Institution

Cnr Langebrink & Pretorius Avenue
Lyttelton Manor
Centurion
City of Tshwane
Gauteng
0157
Contact Number
012 664 5798
Contact Number
012 664 5799
Fax Number
012 664 2155
Email
[email protected]
Website
https://louisleipoldt.co.za/

Social Media

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

Laerskool Louis Leipoldt

Laerskool Louis Leipoldt is geleë in Lyttelton ManorCenturion en het ‘n ryk en trotse geskiedenis. As die oudste skool in Lyttelton is Louis Leipoldt die vlagskipdraer en op akademiese gebied is ons ‘n voorloper. Met ons Afrikaanse, Christelike aanslag kweek ons toekomstige leiers.

Hier is elke leerling belangrik. Deelname en betrokkenheid is hoog op ons prioriteitslys. Ons roem onsself as ‘n baie goed gebalanseerde skool waar sport en kultuur ‘n regmatige plek in ons leerlinge se opvoeding en onderrig het. Met ons ondersteunende gemeenskap en ouerkorps is dit maklik om hande te vat tot voordeel van ons leerders.

‘n Dinamiese beheerliggaam sterk ons personeel se hande in die proses van kwaliteit onderrrig. Akademiese, sport- en kultuurprestasies is volop en is ‘n toonvenster van ons bekwame en entoesiastiese personeel, leerders wat positief deelneem en ouers wat die skool en leerlinge ondersteun. Laerskool Louis Leipoldt handhaaf hoë lewenswaardes en almal word met respek hanteer. Hierdie lewensuitkyk maak ons trots om deel te wees van die skool.

Eens ‘n Leipie, altyd ‘n Leipie.

Read More...

Skoolure:
Maandae tot Vrydae: 07:30 - 14:00
Saterdae & Sondae: Gesluit

 

TREE Lyttelton Branch
[email protected]
081 739 5155
View Profile
Visits: 549