Laerskool Kameelfontein main banner image

Laerskool Kameelfontein

Kameelfontein, Pretoria North East, Gauteng

Educational Institution

Plaas Kameelfontein 297
Gedeelte 27
Kameelfontein Road
Kameelfontein
Pretoria North East
City of Tshwane
Gauteng
0035
Contact Number
071 605 8492
Email
[email protected]
Website
http://www.laerskoolkameelfontein.co.za/

Social Media

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

Laerskool Kameelfontein

Laerskool Kameelfontein is geleë in KameelfonteinPretoria Noord Oos en is ‘n dinamiese Afrikaanse skool met 'n ryk geskiedenis en 'n landelike atmosfeer, slegs 'n hanetree van die woelige stad. Ervare, toegewyde personeel bou daagliks aan 'n fondasie van goud op ons kinders se lewenspad.

Daar is ‘n plek vir ‘n boer om te gaan as hy vrousoek, maar waar gaan ‘n boer as hy skool soek? Waarom asemloos gelaat word deur die vuil lug van die stad en die vierkantige geboue wat vir jou terugstaar, as jy asemloos gelaat kan word deur pure verstomming! By Laerskool Kameelfontein werk dinge net anders.

Die leerders is nog kaalvoet en vrylopend. Al wat ons leerders hier krap, is die gras onder hulle voete. Die Kammie gemeenskap getuig ook van ‘n kultuur van liefde en omgee en elke onnie ken elke leerder op die naam. Vir ‘n plaasskool net buite die stad, kom kuier gerus vir ons en kom word deel van die kammierade!

Stuur ‘n e-pos aan [email protected] vir meer inligting.

ONS VISIE
Om Laerskool Kameelfontein te vestig as 'n Laerskool met 'n Christelike grondslag waar kwaliteit onderrig in 'n unieke leeromgewing aan alle leerders verskaf word, sodat hulle, hul volle potensiaal op beide akademiese en nie-akademiese gebied bereik word.

Laerskool Kameelfontein, waar kaalvoetkinders vrylopend, veilig en voorspoedig kan wees.

Read More...

Skoolure:
Maandae tot Vrydae 07:30 tot 14:00

TREE Kameeldrift Branch
[email protected]
012 808 9950
View Profile
Visits: 768