209 Roper Street
Brooklyn
Pretoria East
City of Tshwane
Gauteng
0181 Contact Number
012 362 1335
Contact Number
012 362 1336
Email [email protected]Website https://osies.co.za/
Social Media
Laerskool Pretoria-Oos - 'Osies' - Primary School
Laerskool Pretoria-Oos is geleë in Brooklyn, Pretoria en is 'n trotse Afrikaanse laerskool met 'n plattelandse-gevoel in die middel van die stad. 'n Skool waar kinders steeds kaalvoet-kinders kan wees. Laerskool Pretoria-Oos presteer op verskeie gebiede in Kultuur, Sport en Akademie en jou seun en dogter sal verseker iets kry om by in te skakel en deel te word van ons familie.
‘n Skool waar kinders steeds kaalvoet-kinders kan wees met die volgende beginsels: - Elke kind kry soveel as moontlik kans om deel te neem; - ‘n Balans tussen akademie, sport en kultuur word gehandhaaf; - Waar liefde, vrede, vreugde, geduld, respek en verantwoordelikheid gekweek word; - Kinders al spelende leer; - Die skool se leuse geleef word: “Aanhou(ers) wen”; en - Die logo se BOOM – lewe, groei, kalmte en skadu verteenwoordig.
Osies is nie: - ‘n Opgesmukte skool wat primêr prestasies najaag nie - ‘n Akademie vir excellence in spesifieke sportsoorte nie
VISIE Om ‘n geborge en veilige leervriendelike omgewing te skep waarbinne die kind sy/haar volle potensiaal kan ontwikkel.
MISSIE Om elke leerling van die skool by die skool en in die gemeenskapop te voed in ‘n mileu waar waardes soos liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing nagestreef en gevestig word, in ‘n kindervriendelike atmosfeer van wedersydse respek, in Afrikaans ter verwesenliking van sy of haar volle potensiaal, volledig toegerus vir die hoërskool ter wille van hom- of haarself en sy of haar gesin, die skool, die gemeenskap en die land met uitnemende onderrig op akademiese, sport- en kulturele gebied deur besielde onderwysers, ouers en ander persone en met die optimale benutting van staatssubsidies, skoolfondse en ander eie fondse.
Laerskool Pretoria-Oos se leuse: “Aanhou(ers) wen”