Nuwe Begin Gemeente Newlands (PPK)  main banner image

Nuwe Begin Gemeente Newlands (PPK)

Newlands, Randburg, Gauteng

Place of Worship

81 Alberts Road
Newlands
Randburg
City of Johannesburg
Gauteng
2092
Contact Number
083 519 5747
Email
[email protected]
Website
https://www.ppknewlands.co.za/

Social Media

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

Nuwe Begin Gemeente Newlands - Pinkster Protestante Kerk

Die Nuwe Begin Gemeente Newlands (PPK) is in Johannesburg geleë en die biedienings area sluit in Newlands, Claremont, Westdene, Triomf, Greymont, Bergbron in Northcliff. Welkom by die Nuwe Begin Gemeente die Kerk wat omgee vir Mense!

Newlands gemeente word in 1958 begin in 106 Albert Straat aan huis van broer en suster Davel onder lyding van Past Jannie Cornelius, ander stigterslede sluit in Past. Hannes Labuschagne, broer Dirkie Hanekom, broer Willie Davel. Die gemeente bestaan al vanaf 1958 en het die volgende pastore gehad. Pastore Gates, Foulds, Basie Coetzer, Kleynhans, Tattersal, Lindie, van der Westhuizen, Eastes en Olivier het voorheen die gemeente bedien. Tans is Past. Morné de Beer die presiderende pastoor van die gemeente.

Visie:
Die uitbouing van God se Koninkryk deur die verkondiging van die Evangelie van Christus onder totale en absolute leiding van die Heilige Gees. Mobilisasie van alle lidmate deur die identifisering en toepassing van die vyfvoudige bediening volgens Efe 4:11. En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander as herders en leraars.

Missie:
Primêr is die taak wat ons opgelê is om God se Koninkryk uit te brei en is ons missie dus om met uitbreiding en ontwikkeling die opdrag uit te voer volgens Matt. 28:19 Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.

Gesonde Evangelisasie-metodiek te volg deur die Geestelike leiers te onderrig en toe te rus sodat die waarskuwing wat opgeteken is in Hosea 4:6 My volk gaan ten gronde weens gebrek aan kennis, oorkom sal word en sodoende ‘n goed toegeruste gemeente te hê wat progressief staan in God se Koninkryk en die uitbouing daarvan.

Samevattend kan die missie van die Geestelike bestuur gedefinieer word volgens Handelinge 20:28 Gee dan ag op julleself en op die hele kudde waaroor die Heilige Gees julle as opsieners aangestel het om as herders die gemeente van God te versorg, wat Hy deur sy eie bloed verkry het. Die Bates, Finansies en Administrasie wat aan ons toevertrou is so te bestuur dat ons volgens Matt 25:23 oor soveel meer aangestel sal word.

Read More...

DIENS TYE:
SONDAE:
Sout Liggies Sondagskool: 09:00
Oggenddiens: 09:00
Aanddiens: 18:00

MAANDAE:
Woordskool: 19:00

WOENSDAE:
Biduur: 19:00

VRYDAE:
Fireflies - Jeug: 19:00

Pinkster Protestante Kerk Hoofkantoor (PPK)

011 974 1769
View Profile
Visits: 615