NG Kerk Noordoos-Pretoria main banner image

NG Kerk Noordoos-Pretoria

Kilner Park, Pretoria Moot, Gauteng

Place of Worship

58 Kamferbos Street
Kilner Park
Pretoria Moot
City of Tshwane
Gauteng
0186
Contact Number
012 333 5526
Fax Number
086 653 4797
Email
[email protected]
Website
http://www.noordoos-pretoria.co.za/

Social Media

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

NG Kerk Gemeente Kilner Park Noordoos-Pretoria

NG Gemeente Noordoos-Pretoria is geleë in Kilner Park in die Moot-gebied in Pretoria en ons glo dat die doel van die gemeente is om as liggaam van Christus ons dienswerk sodanig te verrig en as huisgesin van God saam te leef sodat die wêreld kan glo dat Jesus Christus die Here is.

As lidmate, wat die Here Jesus van harte lief het, is ons oortuig dat God ons roep om aktief mee te werk vir Christus en sy Kerk. Met dankbare entoesiasme wil ons gemeente wees soos Christus dit van ons volgens die Bybel verwag.

Dit is ons ideaal om op die volgende terreine ons roeping uit te leef en ons Hemelse Vader te verheerlik:
- Sinvolle eredienste waar ons die Here aanbid, loof en na sy Woord luister en toegerus word met geloofskennis.
- Geleenthede waar ons toegerus en aangespoor word om in ons daaglikse lewe toenemend soos kinders van die Here op te tree.
- Die skepping van ‘n atmosfeer van warmte en aanvaarding sodat die gemeente as huisgesin van God nuwelinge en vreemdelinge gou laat tuis voel.
- ’n Doelgerigte program van uitreik na afgedwaaldes en soekendes binne en buite die gemeente ten einde Christus se opdrag van Hand. 1:8 uit te voer.

As lidmaat wat u verbind het deur u geloofsbelydenis is u meelewing noodsaaklik.

Oproep tot Meelewing behels:
- Aktiewe inskakeling en deelname aan gemeentelike aktiwiteite en projekte;
- Voorbidding;
- Getroue bydraes van dankoffers;
- Aansporing van almal wat die Here op u pad bring om deel te neem aan die gemeente se aktiwiteite ter opbouing van die liggaam van Christus, tot eer en verheerliking van die Vader, Seun en Heilige Gees.

Ons gemeente se leuse is: Saam op pad vir Christus en sy Kerk.

Read More...

Kerkkantoor:
Maandag tot Vrydag: 08:00 – 11:00
Gesluit skoolvakansies en langnaweke.

Sondae Eredienste:
09:00

Christ for Moot vir Christus CMC
[email protected]
082 739 6537
View Profile
Tshwane Church Leaders Forum (TCLF)
[email protected]
012 362 1396
View Profile
JAMii Business Forum The Moot Pretoria
[email protected]
081 788 1229
View Profile
Visits: 1407