AFM-AGS Brentwood Park (Kempton Park) main banner image

AFM-AGS Brentwood Park (Kempton Park)

Brentwood Park AH, Kempton Park, Gauteng

Place of Worship

78 Main Road
Brentwood Park AH
Kempton Park
City of Ekurhuleni
Gauteng
1505
Contact Number
067 801 7798
Email
[email protected]
Website
https://agsbrentwood.co.za/af/

Social Media

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

AFM-AGS Brentwood Park AH (Kempton Park) - Kerk van Liefde / Church of Love

AFM-AGS Brentwood Park is 'n gemeente in Brentwood Park LandbouhoewesKempton Park en is 'n baie veilige plek vir mense om God die Vader, Seun en Heilige Gees te ontdek, te aanbid en te dien. Ons sien daarna uit om u te verwelkom en u tuis te laat voel.

AGS Brentwood Park streef vurig daarna om 'n ware Pinkster Gemeente te word waar mense VERVUL met die Heilige Gees, DIENSBAAR aan die Heilige Gees, KRAGTIG deur die Heilige Gees en AANGEVOER deur liefde die Here dien. Ons werk hard daaraan om 'n Gemeente van liefde te wees en ons is lief vir, God die Vader, Seun en Heilige Gees, en ons is lief vir mense. Ons gee om vir mekaar, ons stel belang in mekaar en ons is lief vir mekaar.

Onder die leiding van die Heilige Gees is AGS Brentwood Park Gemeente gedurende Februarie 2019 geplant in samewerking met Dr Johan van Rensburg en Pastoor Pieter Kleinsmith van die Oosrand Streek Komitee. Brentwood Park is een van die mees snel groeiende uitbredings aan die Oosrand en vandaar die behoefte aan die planting van 'n nuwe gemeente vir die gemeenskap.

Ons het tans 'n Sondagoggenddiens om 09:00 vm en ons is besig om ons Woensdagaand-gebedsbyeenkomste weer in te stel.

Ons gemeente onderwerp ons aan die beheer en gesag van die Apostoliese Geloofsending van Suid Afrika (AGS).

AGS afkorting staan vir “Apostoliese Geloof Sending” (in English: “AFM – Apostolic Faith Mission”). Die AGS bestaan sedert 1908 en is die eerste en grootste Pinkster kerkgenootskap in die land - met meer as 1.4 million lede in SA en ook gevestig in 29 lande van die wêreld. “Pinkster” dui daarop dat dit 'n kerk is wat glo dat die Heilige Gees van God gegee is aan gelowiges om 'n dinamiese lewe in oorwinning te kan lewe. 

Read More...

KERKDIENS TYE:
Sondae: 09:00
Woensdae Oggende: 10:00

KANTOOR URE:
Maandae to Donderdae: 

AFM-AGS The Apostolic Faith Mission of SA - National Office

012 644 0490
View Profile
Visits: 761