Doxa Deo Helderberg Campus main banner image

Doxa Deo Helderberg Campus

Firgrove Rural, Somerset West, Western Cape

Place of Worship

Doxa Deo Ouditorium (Shop 10)
Melcksloot Village Shopping Centre
Cnr De Beers & Rees Avenue
Firgrove Rural
Somerset West
Helderberg, City of Cape Town
Western Cape
7130
Contact Number
021 100 0590
Contact Number
064 528 0608
Email
[email protected]
Website
https://www.doxadeo.org/helderberg

Social Media

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

Doxa Deo - Helderberg Campus - Somerset West

Doxa Deo Helderberg Kampus is deel van ‘n groter familie wat passievol is oor God en mense. Ons droom is om stede te verander na plekke waar God regeer. Ons doen dit deur ons passie vir God uit te leef in ons gemeenskap, ‘n impak te maak by ons werksplekke en behoeftes in die gemeenskap aan te spreek.

Doxa Deo funksioneer as een gemeente in ‘n stad met ‘n verskeidenheid kampusse en bedieninge. Alles wat ons doen fokus op die toerusting en oprigting van ons mense sodat hulle agente van positiewe verandering kan wees in hulle wêreld. Ons noem hulle ‘City Changers’ wat hulle God ken en Mense liefhet en hulle Wêreld impakteer met die waarheid van Jesus. (Knowing God, Loving People, Impacting my World)

Ons is op ‘n missie om die positiewe invloed van Jesus se waardes te neem na elke sektor van die samelewing. Ons glo dat kerk, opvoedkunde, sosiale dienste, besigheid, media, kunste, sport en plaaslike regering sal floreer as die lewegewende waardes van Jesus in al hierdie sektore sigbaar word.

Hoekom Vennootskap?
Dit is vir ons belangrik dat mense sal beweeg van blote bywoners van ons dienste om in te skakel by die verhoudings en aktiwiteite en missie van ons gemeente. Die Bybel gebruik verskillende metafore vir die kerk van Jesus bv ‘n bruid, ‘n weermag, ‘n geestelike gebou of ‘n liggaam. Ons hou van die gedagte wat ons vind in 1 Korinthiërs 3:9 dat ons mederwerkers van God is. Uit hierdie gedagte het die konsep van geestelike vennootskap ontstaan.

Ons is nie net lidmate van ‘n kerk nie, ons is vennote van God se missie vir ons wêreld. Vennootskap dui daarop dat ons met ons tyd en ons energie en ons finansies die Here se koninkryk vestig orals waar ons funksioneer.

Bywoning: Ons wend ons tyd aan om gemeentelewe te prioritiseer.

Bydra: Ons wend ons unieke talente aan om die liggaam van Christus strek te maak.

Belegging: Ons wend ons finansiele vermoëns aan om die kerk van Jesus te bou.

Doxa Deo, ons is ‘n Familie op Missie!!!

Read More...

SONDAE DIENSTYE / SUNDAY SERVICE TIMES
Oggenddienste / Morning Services: 08:30 & 10:30

Tydens die 08:30 diens word Doxa Deo Kids in 'n aparte lokaal aangebied.

KYK AANLYN: Sien ons YouTube kanaal
WATCH ONLINE: Visit our YouTube Channel

Doxa Deo Leadership Centre

012 991 3883
View Profile
Search Partners Category
Doxa Deo Stellenbosch Campus Place of Worship Doxa Deo Stellenbosch Campus Eikestad Mall AGS Stellenbosch
TREE Helderberg Branch Youth Organisation TREE Helderberg Branch TRansforming Educational Environments Somerset West
Doxa Deo Stellenbosch Campus
[email protected]
084 671 4991
View Profile
TREE Helderberg Branch
[email protected]
021 100 0590
View Profile
Visits: 2435