Hoërskool Framesby main banner image

Hoërskool Framesby

Framesby, Gqeberha | Port Elizabeth, Eastern Cape

Educational Institution

20 Cornelia Avevenue
Framesby
Gqeberha | Port Elizabeth
Nelson Mandela Bay
Eastern Cape
6045
Contact Number
041 360 1257
Fax Number
041 360 7787
Email
[email protected]
Website
https://www.framesby.co.za/

Social Media

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

Hoërskool Framesby "Waar potensiaal verwesenlik word"

Die Hoërskool Framesby is geleë in FramesbyGqeberha (Port Elizabeth) en is 'n Afrikaansmedium Hoërskool waar die fundamentele waardes van respek, verdraagsaamheid, medemenslikheid, betroubaarheid, verantwoordelikheid, regverdigheid en goeie burgerskap deurlopend gevestig en bevorder word, en wat hom ten doel stel om sy leerders op alle terreine te ontwikkel - akademies, geestelik, sosiaal en liggaamlik - ten einde as volwasse en gebalanseerde jongmense hulle roeping suksesvol in die sameleweing te vervul.

Die studentesentrum bestaan uit drie fasiliteite, nl. ‘n kafeteria, studie – en media-sentrum. Die kafeteria sal nie net aan die leerders vanaf 06:00 – 18:00 ‘n diens bied nie, maar ook aan ouers. Terwyl leerders besig is met hul naskoolse aktiwiteite, kan ouers op die patio heerlike koffie geniet. Leerders kan ook hier tussen die naskoolse aktiwiteite iets nuttig of saam aan take werk terwyl Hoërskool Framesby se eie radio- stasie agtergrondmusiek verskaf.

Vir studente wat in stilte met hul akademie wil voortgaan,is die studiesentrum met afsonderlike werkstasies tot hulle beskikking. Die huidige mediasentrum verskuif na die studentesentrum sodat toegang tot navorsings- en kopieerfasiliteite makliker beskikbaar is. Wat die uitbreiding van die bestaande kurrikulum betref, word die invoer van die vakke Meganiese Tegnologie en Elektriese Tegnologie ook in die vooruitsig gestel.

Die studentesentrum sal definitief die lewensaar op Hoërskool Framesby se skoolgronde wees – ‘n tuiste weg van die huis.

Die volgende lewens-waardes van die Framesby-erekode vorm die grondslag van ons gesindheid en optrede, en is die basis waarop ons gedragskode en huishoudelike reëls berus:

- Betroubaarheid
- Respek
- Verantwoordelikheid
- Regverdigheid
- Omgee
- Goeie burgerskap
- Verdraagsaamheid

Read More...

Skoolure:
Maandae tot Vrydae 07:40 tot 14:00

JAMii Business Forum Nelson Mandela Bay
[email protected]
081 788 1229
View Profile
TREE Brymore Gqeberha Branch
[email protected]

View Profile
Visits: 917