Hoërskool Zwartkop main banner image

Hoërskool Zwartkop

Hennopspark, Centurion, Gauteng

Educational Institution

2 Mopani Road
Cnr Old Johannesburg & Mopanie Roads
Hennopspark
Centurion
City of Tshwane
Gauteng
0172
Contact Number
012 654 8041
Contact Number
012 654 4747
Fax Number
086 636 2423
Email
[email protected]
Website
http://Zwarries.co.za/

Social Media

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

Hoërskool Zwartkop Secondary School

Hoërskool Zwartkop is geleë in HennopsparkCenturion en is ‘n skool waar kinders volledig en optimaal toegerus word vir ‘n sinvolle en suksesvolle lewensbestaan. Die skool is gebou op die ou oorspronklike plaas met die naam Zwartkop en het sy deure op 11 Januarie 1984 geopen met ‘n leerdertal van 298. Die skool is gebou met fasiliteite vir ‘n algemene- en tegno-akademiese studierigting. Vandag bestaan die skool uit ‘n leerdertal van nagenoeg 1 800 en ‘n personeelkorps van meer as 110.

Een van die uitstaande kenmerke van Zwarrieland is die besondere gevoel van samesyn – in die volksmond bekend as die Zwarrie-Vibe! Daar word geroem daarop dat Zwarrieleerders en –onnies gelukkig is.

Die spyskaart van aktiwiteite waaraan kinders kan deelneem in Zwarrieland is lank en wyd. Hoërskool Zwartkop roem daarop dat hulle afgeronde, goed gebalanseerde en gelukkige leerders aan die einde van matriek lanseer om suksesvolle lands- en wêreldburgers te word. Leerders in dié skool se uniekheid en individualiteit word erken en gerespekteer.

Die Zwarries lewe hulle leuse “Glo en Dien” op alle vlakke van die samelewing uit. Hulle pak alles met oortuiging aan en ondersteun mekaar ten volle. Hulle leef hulle roeping uit en laat die legende voortleef in alles wat hulle hulle ten doel stel.

In Hoërskool Zwartkop word wenners gekweek! Die skool is graag mede-skrywer van die suksesverhaal van kinders.

Read More...

Skoolure:
Maandag tot Donderdag: 07:30 - 14:00
Vrydag: 07:30 - 13:45
Saterdag & Sondag: Gesluit

TREE Raslouw Branch
[email protected]
081 276 0426
View Profile
Visits: 625