Enon Familie Kerk - Family Church (PPK) main banner image

Enon Familie Kerk - Family Church (PPK)

Van Dyk Park, Boksburg, Gauteng

Place of Worship

Cnr Milkwood & Mimosa Streets
(off Barry Marais)
Van Dyk Park
Boksburg
City of Ekurhuleni
Gauteng
1459
Contact Number
011 915 8238
Email
[email protected]
Website
http://enonfamiliekerk.co.za/

Social Media

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

Enon Familie Kerk - Family Church

Enon Family Church is a family church, creating opportunities for people who have a desire to make a difference in the Kingdom of God. Dr Sam De Lange is in the full time ministry since 2002 and currently serves at Enon Family Church since 2008. He was born in Westonaria, Gauteng and finished matric at Randfontein High School. Dr Sam was called to the ministry at a very young age, never stopped studying and teaching is his passion. He obtained his doctoral in Psychology at UGCC. Dr Sam and his wife, Tercia got married on 25 April 1987 and have 2 children, Tertius & Marushka. He is also the President of Kairos Outreach.

CARPE DIEM, gryp die geleentheid aan. Met hierdie lese wil ons elke geleentheid wat deur die Here aan ons gegee word, met verwagtinge om die bo-natuurlike guns en seën van die Here te geniet aangryp. Dit is ‘n baie besonderse tyd vir die kerk om in te leef, aangesien ek met my hele hart glo dat ons nou in ‘n tyd lewe waar God Sy Gees op ‘n bo-natuurlike wyse oor Sy kinders gaan uitstort. Verder glo ek bo alle twyfel, dat ons ook in openbaringstyd leef, waar die Here op besondere en ongekende wyse besondere openbarings aan Sy kerk toe vertrou. Met hierdie oomblik wat ons gaan aangryp, is dit dan die fokus en doel vir Enon Familie Kerk om uit te reik na die gemeenskap, deur evangelisasie, uitreikaksies en omgee groepe.

Ons uitreikingsaksie is gefokus op die gemeenskap deur projekte wat aan die gemeenskap gebied word om ‘n bewustheid en betrokkenheid te verseker, met die doel om die koningkryk van die Here uit te brei. Ons tema en visie is: KONINGKRYKSVISIE, VAN DYK PARK VIR GOD. Ons is Gees-gedryf, bedieningsgeorienteerd, woord gefundeerd en wil die Woord van God, na die mens neem deur onderskeidelik mense toe te rus, deur opleiding, ontwikkelingsprogramme en bedieninge te beoefen, en persone in die veld in te stuur om die doel en opdrag van God, “gaan dan heen en maak disiepels van alle nasies”, tot uitvoering te bring.

Die bekommernis van my hart is dat baie uitreikaksies geloods word en talle siele tot bekering kom, maar die opvolgwerk, opleiding en die lering skiet vêr te kort. Ons moet dus die nuwe bekeerling betrokke kry by die liggaam van Christus om geestelik te ontwikkel tot op die plek waar so ‘n nuwe bekeerling volwassenheid bereik om selfstandig te handel. Om ook die persone die versekering te laat ervaar van hulle saligheid en die unieke identiteit wat ons in Christus het, te begryp en daarvolgens te lewe.

Dit is ook noodsaaklik dat elke bloedgewaste, Heilige Gees gevulde persoon sy verantwoordelikheid in die Koningkryk sal besef en dan ooreenkomstig sal optree. Elke persoon word deur God geroep om ‘n spesifieke bediening te vul, en bemagtig ons met Sy Gees om ons in staat te stel om hierdie roeping uit te leef. Daarom is dit dan noodsaaklik om persone te bemagtig om hierdie roeping te vervul, deur ondersteuning, opleiding en samewerking. Die struktuur van die gemeente is van so aard dat daar aan elke persoon ruimte gegee word om binne sy roeping en bediening te funksioneer en te help ontwikkel tot sy volle potensiaal.

Read More...

KANTOOR URE:
Maandae tot Vrydae: 09:00 - 13:00
Saterdae: Gesluit

KERKDIENS TYE:
Sondae: 09:00 & 17:00

Pinkster Protestante Kerk Hoofkantoor (PPK)

011 974 1769
View Profile
Visits: 453