AFM-AGS Deo Victoria (Newcastle) main banner image

AFM-AGS Deo Victoria (Newcastle)

Barry Hertzogpark, Newcastle, KwaZulu-Natal

Place of Worship

135 Drakensberg Drive
Barry Hertzogpark
Newcastle
Amajuba Municipality
KwaZulu-Natal
2940
Contact Number
034 318 1400
Email
[email protected]
Website
https://www.deo.co.za/

Social Media

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

AFM-AGS Deo Victoria (Newcastle)

AFM-AGS Deo Victoria is 'n gemeente in Barry HertzogparkNewcastle en ons glo in die Drie-Enige God, in Sy Woord, Waarheid en Wonderwerke. Ons glo in die krag van gebed en die mag van lof en aanbidding en ons roeping is om God se hande en voete hier op aarde te wees.

Volwasse/Familie Konnekt Groepe:
Ons wil sien dat elke persoon en familie gekonnekteer sal wees aan die Liggaam van Christus, en dat hulle versorg word. Ons visie is om elkeen te konnekteer in ‘n Konnekt Groep. Daar is ‘n Konnekt Groep in die Deo Familie waaraan jy kan kan behoort!

Ons het al die krag en impak beleef, wat effektiewe Konnekt Groepe het op individue, families en die gemeenskap. Ons droom is om Newcastle te deurdrenk met effektiewe en holistiese Konnekt Groepe, sodat ons gemeenskap en stad ‘n beter plek kan wees vir almal! Neem gerus die vrymoedigheid en kontak die Kerk Kantoor, om jou te help om so gou as moontlik by ‘n Konnekt Groep in ons Gemeente kan inskakel.

Deo Victoria verstaan die passie en ywer van ons jongmense, asook hul potensiaal om ons stad vir Jesus te impakteer. Daarom het ons spesiale groepe net vir die jong volwassenes. Ons wil sien dat ons jong volwassenes voel hulle is deel van die Deo Victoria Familie. Dit is ook vir ons belangrik dat ons jongmense vroeg in hul volwasse lewe toegerus word vir die lewe. Getroud of nog nie getroud nie, indien jy onder die ouderdom van 35 jaar is, sal daar vir jou ‘n Konnekt Groep wees waar jy gaan inpas. Moenie huiwer om vir pastoor Gerrie Steenkamp te kontak nie, en konnekteer dadelik!

Ons het Oggend Konnekt Groepe vir die dames en afgetrede mense wat tyd het om op ‘n weeksoggend bymekaar te kan kom. Indien jy beskibaar is gedurende die oggende, is hierdie die ideale geleentheid vir om te konnekteer en saam te “fellowship”. Die kerk kantoor kan vir jou die besonderhede gee van al ons Oggend Konnekt Groep Fasisiteerders.

Ons is ‘n gemeente van die Apostoliese Geloofsending (AGS) en ons is deel van die Familia Dei Netwerk.

AFM stands for “Apostolic Faith Mission” (in Afrikaans: “AGS – Apostoliese Geloofsending”). The AFM exists since 1908 and is the first and largest Pentecostal church in the country – with 1.4 million members in SA and currently established in 29 countries of the world. “Pentecostal” means that it is a church who believes that the Spirit of God is given to believers to live dynamic and overcoming lives.

Read More...

KERKDIENS TYE:
Sondae Afrikaans: 08:30
Sundays English: 10:30

KANTOOR URE:
Maandae tot Donderdae: 08:00 - 16:00
Vrydae: 08:00 - 13:00 
Saterdae & Sondae: Gesluit

AFM-AGS The Apostolic Faith Mission of SA - National Office

012 644 0490
View Profile
Familia Dei Netwerk
[email protected]
011 972 5620
View Profile
Visits: 573