AFM-AGS Doxa Gemeente Suidkus (Margate) main banner image

AFM-AGS Doxa Gemeente Suidkus (Margate)

Margate, KwaZulu-Natal

Place of Worship

1 Lagoon Drive
corner of Marine Drive
Margate
Ray Nkonyeni / Ugu District Municipality
KwaZulu-Natal
4275
Contact Number
060 783 1210
Email
[email protected]
Website
http://www.doxasuidkus.co.za

Social Media

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

AFM-AGS Doxa Gemeente Suidkus (Margate)

AFM-AGS Doxa is ‘n gemeente in MargateSuidkus wat graag mense wil aanmoedig om gehoorsaam aan die Woord van God te wees, en om sy medemens met hulp en hoop te bedien. Ons is oortuig daarvan dat kerk werk beter in rye EN sirkels. Die eerste ding wat Jesus gedoen het toe Hy sy bediening op aarde begin het, was om ‘n GROEP bymekaar te roep en om saam met hulle te ‘journey’ en so het Hy die wêreld verander. Om intensioneel te groei in jou verhouding met Jesus, moet jy ook intensioneel groei in jou verhouding met mense. “As julle mekaar liefhet, sal almal daaraan sien dat julle my dissipels is” Johannes 13:35.

Daarom is ons selgroepe ‘n integrale deel van ons Gemeente. Groepe waar jy saam groei in praktiese geloof, liefdevolle verhoudings en groepe waar jy saam in liefde kan dien. Om saam die vreugde van geloof wat ander in liefde dien, te ontdek. Ons moedig jou aan om deel te word van een van ons selgroepe. Lewe saam met ander, is ‘n meer sinvolle lewe.

Gemeente-wees kan nie funksioneer sonder gebed nie. Hierdie bediening het ten doel om die gemeente te lei om op verskillende maniere saam te bid tot opbouing van die gemeente, die gemeenskap van die Suidkus en die land in sy geheel. Doxa het ‘n span mense wat vir jou sal bid. Indien jy ‘n gebedsversoek het, stuur dit per epos of per Whatsapp na ons en daar sal mense wees wat vir jou bid.

Doxa Kidz:
Bou ‘n fondasie wat hou. Berei kinders voor vir die pad van die lewe. Dit is ons visie met ons Doxa Kidz-Bediening. Is daar ‘n beter fondasie as God? Die outjies en vroutjies is MAL oor stories, hulle lewe vir stories. Wat ons nie altyd besef nie is: Ons IS deel van ‘n storie! ‘n AMAZING storie… GOD se storie! By Doxa Kidz, ontdek ons saam die storie van God, meer as dit: EK ONTDEK MY ROL IN GOD SE STORIE. Die kinders leer God ken deur middel van die stories in die Bybel. Die kreatiewe span en personeel van Doxa Kidz, het almal ‘n geweldige passie vir kinders en sorg dat elke byeenkoms ‘n onvergeetlike ervarings is, wat boonop nog leer vol ook is.

Jeug bediening:
Ons skep alternatiewe kuier-geleenthede vir ons Hoërskool ouens en vrouens waar hulle positiewe invloed en positiewe vriende te kry. Ons skep ook geleentheid vir die ouens en vrouens om hulle rol in God se groot storie te ontwikkel en uit te leef. Hoe? Kom vind uit…

Doxa Vroue:
Die rol van die vrou in die Bybel is ‘n integrale deel van God se plan met sy skepping. Donderdae kom ons vroue bymekaar om saam te groei in hulle rol as vrou in God se storie. En nee, dis nie net ‘n koffie-en-koek-kuier nie. Ons vroue ontdek, bespreek en bid saam. Alle vroue is welkom. Kom groei saam in jou verhouding met God, kom ontdek saam die plan wat God vir jou as vrou het en kom beleef ware liefde van vroue.

D5-Manne:
Vroeg oggend, lekker koffie, goeie geselskap en manne wat vir mekaar omgee. By D5-Manne is dit wat jy kry. Woensdae, 05:00 kom klomp manne bymekaar en word ge-‘challenge’ om hulle dissipelskap uit te leef. By D5 Manne maak jou lyn van besigheid of jou beroep nie saak nie, ons almal is mans wat honger na God. Ons nooi ALLE mans, kom ‘join’ ons Woensdae 05:00 en kom beleef ‘broederliefde’.

Ons is ‘n gemeente van die Apostoliese Geloofsending (AGS) en ons is deel van die Familia Dei Netwerk.

Saam ontdek ons die vreugde van geloof wat ander in liefde dien.

Read More...

GEMEENTE AKTIWITEITE 

SONDAG:
Oggenddiens: 09:00  
Aanddiens: 18:00

DINSDAG:
Selgroepe (CTC): Kontak kantoor vir info 

WOENSDAG:
D5 Manne: 05:00
Bybelstudie: 18:00 
Jeug Byeenkoms: 18:00

DONDERDAG:
Turning Tides op Margate strand 07:30
Doxa Dames: 10:00
Orkes oefening: 19:00 

VRYDAG:
Biduur: 18:30

SATERDAG:
Turning Tides Praise & Worship
op Margate strand om 17:30 

KANTOOR URE:
Maandae tot Vrydae: 08:00 - 13:00
Saterdae: Gesluit

 

AFM-AGS The Apostolic Faith Mission of SA - National Office

012 644 0490
View Profile
Search Partners Category
Doxa Business Initiative (Margate) Business Networking Doxa Business Initiative Margate South Coast Networking
Familia Dei Netwerk
[email protected]
011 972 5620
View Profile
Nails by Natalie Margate
[email protected]
082 824 8263
View Profile
Doxa Business Initiative (Margate)
[email protected]
065 931 3446
View Profile
Visits: 850