Die Hoërskool Wonderboom main banner image

Die Hoërskool Wonderboom

Wonderboom South, Moot, Gauteng

Educational Institution

1050 Steve Biko Road
Wonderboom South
Moot
City of Tshwane
Gauteng
0084
Contact Number
012 335 6806
Fax Number
012 335 6587
Email
[email protected]
Website
http://www.wonnies.co.za/

Social Media

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

Die Hoërskool Wonderboom

Die Hoërskool Wonderboom is geleë in Wonderboom Suid, Pretoria en streef na kwaliteit onderwys wat gerig is op 'n gelukkige, geborge saamleefgemeenskap vir leerders, onderwysers en ouers wat toesien dat elkeen maksimaal volgens hul vermoë, belangstelling en realistiese verwagting presteer sodat elke kind uiteindelik 'n toegeruste, toegewyde, verantwoordelike en dienende landsburger sal wees, wat in diens van God Drie-Eenig voldoen aan die taak en doel wat Hy vir elke individue beoog.

Die belangrikste vraag om te beantwoord wanneer jy ‘n skool beoordeel is om vas te stel of die kinders daar gelukkig is. By Die Hoërskool Wonderboom is die antwoord hierop ‘n luidkeelse JA! Dis nie die oppervlakkige en verbygaande tipe geluk wat jy kry wanneer mense kan doen wat hulle wil nie. Hier word die waardes van respek, integriteit, verantwoordelikheid, diensbaarheid en erkenning as die boustene van ware geluk gekoester en nageleef. Die sukses van ons skool lê hierin opgesluit.

Benewens ons ingesteldheid op diep menslike waardes beroem Die Hoërskool Wonderboom homself daarin dat dit ‘n skool van geleenthede is. Kinders kan hier na hartelus kies aan watter van die vele aktiwiteite hulle wil deelneem en watter van die wyd uiteenlopende vakrigtings hulle belangstelling prikkel.

Kom beleef self die ritme van ons skool en al die geleenthede wat dit bied en kom staan jou plek vol in die hart van Wonnieland.

Read More...

SKOOLURE / SCHOOL HOURS:
Maandae tot Donderdae / Monday to Thursday: 07:30 - 14:00
Vrydae / Friday: 07:30 - 13:20
Saterdae / Saturday: Closed
Sondae / Sunday: Closed

 

Blits Electrical & Hardware Pretoria
[email protected]
012 332 1815
View Profile
Doxa Deo Wonderboom Campus
[email protected]
012 534 3049
View Profile
TREE Wonderboom Branch
[email protected]
012 534 3049
View Profile
Visits: 3687