Doxa Deo Wonderboom Kampus is deel van ‘n groter familie wat passievol is oor God en mense. Ons droom is om stede te verander na plekke waar God regeer. Ons doen dit deur ons passie vir God uit te leef in ons gemeenskap, ‘n impak te maak by ons werksplekke en behoeftes in die gemeenskap aan te spreek. Ons droom oor 'n gemeenskap in die Noorde van Pretoria waar God heers in elke aspek van die samelewing.
Doxa Deo funksioneer as een gemeente in ‘n stad met ‘n verskeidenheid kampusse en bedieninge. Alles wat ons doen fokus op die toerusting en oprigting van ons mense sodat hulle agente van positiewe verandering kan wees in hulle wêreld. Ons noem hulle ‘City Changers’ wat hulle God ken en Mense liefhet en hulle Wêreld impakteer met die waarheid van Jesus. (Knowing God, Loving People, Impacting my World)
Ons is op ‘n missie om die positiewe invloed van Jesus se waardes te neem na elke sektor van die samelewing. Ons glo dat kerk, opvoedkunde, sosiale dienste, besigheid, media, kunste, sport en plaaslike regering sal floreer as die lewegewende waardes van Jesus in al hierdie sektore sigbaar word.