Pinkster Protestante Kerk Hoofkantoor (PPK) main banner image

Pinkster Protestante Kerk Hoofkantoor (PPK)

Meadowdale, Germinston, Gauteng

Place of Worship

437 Sam Green Street
(1 Essex Street)
Meadowdale
Germinston
City of Ekurhuleni
Gauteng
1609
Contact Number
011 974 1769
Contact Number
011 974 1760
Fax Number
011 974 7400
Email
[email protected]
Website
https://www.ppkhoofkantoor.co.za/

Social Media

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

Lorentz la Grange
Nasionale Koördineerder


View Ecard
Dr Pieter Uys
Hoof Finansiële Beampte

082 782 7509
View Ecard
Dr Nico Landman
Direksie Voorsitter


View Ecard
Patrick Jansen van Rensburg
Hoof Uitvoerende Beampte

082 563 1312
View Ecard
Fritz Olivier
Administrateur

082 338 0126
View Ecard

Pinkster Protestante Kerk - Pentecostal Protestant church - Head Office

Die visie van die Pinkster Protestante Kerk (PPK) is en bly steeds om as ‘n effektiewe, sielewennende en Geesvervulde kerk uitvoering te gee aan die Groot Opdrag wat aan die kerk van Christus toevertrou is, naamlik om te gaan en die evangelie van Christus aan die hele wêreld te verkondig. Om uitvoering aan die visie te gee is dit nodig dat die kerk as organisasie so effektief as moontlik instrumenteel sal ontwikkel ten einde ‘n daadwerklike bydrae te kan lewer in die uitbouing van die koninkryk van God.

Die PPK is in 1958 gestig. Die geïntegreerde PPK in Suid-Afrika, soos in Maart 1999 gefedereer, bestaan uit ongeveer 220 gemeentes. Daar bestaan ook ander PPK groeperinge binne en buite die landsgrense van Suid-Afrika, wat as outonome federasies fungeer, bv. die PPK van Namibië, Botswana en die Republiek van die Kongo.

Hierdie inligtingsbrosjure en federale grondwet het slegs betrekking op die geïntegreerde PPK van Suid-Afrika:
Die regeringstelsel wat oor die jare algemeen van toepassing was op die PPK as kerkorganisasie, is nl. die presbiteriale stelsel met ‘n drie-vlak organisatoriese onderskeiding, nl. die lokale-, streek- en nasionale vlak. In die nuutste ontwikkeling is daar weggedoen met die streekvlak organisasie en word daar slegs onderskei tussen die lokale gemeente as outonome regspersoon wat nasionaal deel uitmaak van ‘n federasie, bekend as die Federale Raad. Die Admin buro en Geestelike Leiersforum sal op nasionale vlak uitvoering gee aan die funksies en doelstellings van die Federale Raad. 
Hierdie herstrukturering hou veral verband met die hele begrip van vrye assosiasie. Alhoewel elke gemeente; wat lid is van die geïntegreerde PPK; statutêr steeds deel uitmaak van ‘n federale grondwet, berus die geestelike samesyn eerder op ‘n basis van spontane verhoudingstrukture en die natuurlike onderskeiding van geestelike leierskap.

Hebron Teologiese Kollege geniet die erkenning as 'basis seminarium' vir alle voornemende teologiese studente en pastorale kandidate in die PPK. Die diploma in teologie, soos aangebied deur Hebron, word as minimum teologiese vereiste gestel vir toetrede tot die pastorale bediening in die PPK. Die studiemateriaal vir die diploma sal aangevul word met tersaaklike leerstof wat uit die PPK organisasie voorgeskryf word.

Dit staan egter 'n kandidaat vry om aan 'n ander erkende of geakkrediteerde seminarium te studeer met die voorwaarde dat alle studies vir evaluering voorgelê word en daar ten minste aan die minimum teologiese kwalifikasies of vereistes voldoen  word vir toetrede tot die bediening in die PPK. 'n Prospektus - waarin alle tersaaklike inligting rondom teologiese opleiding vervat is - kan direk vanaf Hebron Teologiese Kollege verkry word. 

Read More...

Office Hours:
Monday to Friday: 09:00 - 17:00
Saturday: Closed
Sunday: Closed

National Pentecostal Forum


View Profile
Beula Park International Conference Centre (Mount Zion)
[email protected]
011 974 1771
View Profile
AFM-AGS The Apostolic Faith Mission of SA - National Office
[email protected]
012 644 0490
View Profile
Hebron Theological College (HTC)
[email protected]
011 965 1252
View Profile
Visits: 3393