VEK Kruisgenerasie Middelburg main banner image

VEK Kruisgenerasie Middelburg

Middelburg Central, Middelburg, Mpumalanga

Place of Worship

28 Meyer Street
Middelburg Central
Middelburg
Nkangala, Steve Tshwete
Mpumalanga
1055
Contact Number
013 282 5167
Contact Number
013 282 7708
Email
[email protected]
Website
http://kruisgenerasie.co.za/

Social Media

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

VEK Kruisgenerasie Middelburg - Die Volle Evangelie Kerk van God

Kruisgenerasie is 'n Volle Evangelie Kerk gemeente in Middelburg waar ons fokus op ons verhouding met God asook met mekaar. Om soos `n familie te word en mekaar te ondersteun in ons daaglikse lewe as kinders van God, is vir ons baie belangrik.

Die naam "KRUISGENERASIE" gee uitdrukking aan ons begeerte om by die kruis van Jesus elke dag, by elke plek en in elke verhouding stil te kom staan. Ons wil graag bekend staan as 'n Kruis Generasie, want die woord van die kruis is wel dwaasheid vir die wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God.

Ons as gemeente besef dat Gemeenskap die area is waarby ons juis moet betrokke wees.  Ons vra onsself konstant die vraag: "Sou ons Gemeente morê moet verdwyn sal die Gemeenskap dit agterkom en voel daar is `n verlies?"  As ons nee sou antwoord, mis ons ons roeping en moet ons herbesin waarmee ons besig is.

Ons bedien die gemeenskap op verskeie maniere deur betrokke te wees in areas van die gemeenskap waar ons voel ons kan `n bydra lewer soos:
- Maatskaplike diens aan behoeftiges
- Die Middelburg Leeraarsforum wat weekliks bymekaar kom
- Verder bedien ons by skole en ander gemeenskapsinstansies
- Sou jy`n behoefte raaksien in die gemeenskap waar ons 'hande en voete' van Jesus kan wees kan jy ons gerus kontak.

Read More...

Kantoor Ure:
08:00 - 13:00 Weeksdae

Sondag oggenddiens: 09:00
Sondag aanddiens: 18:00

Full Gospel Church of God - Head Office

012 667 1072
View Profile
Visits: 1741