Jamii uses necessary cookies and privacy-preserving aggregate measurement to run the site. Your choices control Google Analytics cookies, richer analytics, and optional Google embeds such as maps.


SAVF Huis Silversig is op 13 September 1980 gestig as ‘n Tehuis vir Verswakte Bejaardes en ons is geleë in Jasmynlaan 513, Silverton , Pretoria . Huis Silversig bied versorging vir 155 verswakte bejaardes. Daar is ook voorsiening vir persone met Demensie in ‘n geslote eenheid. Hierdie eenheid is geleë op die grondvloer en loop deur skuifdeure op die tuin uit. Die volgende dienste word aangebied: - 24 uur verplegingversorging - Skoonmaakdienste - Wassery dienste - Drie etes per dag, sowel as twee tee sessies. Voorsiening word gemaak vir spesiale diëte soos deur u geneesheer voorgeskryf. - Aktiwiteite - Sekuriteitsdienste
Use the map for context, then jump straight into your preferred maps app when you are ready to go.
Google Maps embeds load after you allow functional cookies and embedded services.
Contact this business directly from its profile.