HTS John Vorster main banner image

HTS John Vorster

Villieria, Pretoria North East, Gauteng

Educational Institution

1072 Meyer Street
Villieria
Pretoria North East
City of Tshwane
Gauteng
0186
Contact Number
012 332 1760
Contact Number
012 332 3701
Fax Number
012 332 3700
Email
[email protected]
Website
https://htsjv.co.za/

Social Media

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

Hoër Tegniese Skool (HTS) John Voster

HTS John Vorster is geleë in Villieria, Pretoria aan die voet van die Magaliesberge en is ‘n volwaardige Tegniese Hoërskool waar al die Tegnologiese Studierigtings effektief aangebied word. Gespesialiseerde toerusting word deur Vakspesialiste gebruik om al die vakke aan te bied.

HTS John Vorster bestaan alreeds sedert 1962. Vele oud–JV’s het hier hul fondasie gelê en as ingenieurs, vakmanne en in ander beroepe bygedra tot die ekonomiese ontwikkeling van ons land.

TEGNOLOGIESE ONDERWYS IS TOEKOMSVRIENDELIK
… omdat dit beroepsgerig is en benewens onderrig, ook opleiding verskaf.

Die keuse van ‘n studierigting bepaal die keuse van die regte hoërskool – nie andersom nie.

AKADEMIE
Aangesien die tegnologiese studierigting gespesialiseerd is, beskik slegs 'n volwaardige hoërskool vir tegnologie soos HTS John Vorster, oor die vakspesialiste en gesofistikeerde toerusting wat 'n waarborg is vir ononderbroke standaardonderrig en-opleiding.

KULTUUR
HTS John Vorster spog met ‘n wye verskeidenheid kultuuraktiwiteite waaraan leerders kan deelneem. Op die gebied van redenaars, is die JV's uiters kompeterend en welbekend op plaaslike en nasionale vlak. Ons neem ook deel aan kunswedstryde, kunstefeeste en sangkompetisies.

SPORT
Sport, oefening en ‘n gesonde lewenstyl is ‘n integrale deel van elke kind se ontwikkeling. Ons visie is om deur sport en liggaamlike opvoedkunde, individue te ontwikkel wat die belangrikheid van dissipline, die genot van sport, en die voordele van ‘n gesonde liggaam en gees  ervaar en verstaan.

"Commended by  Education Department as best Technological High School in Gauteng. Wonderful spirit amongst parents and learners and staff."

Read More...

Monday to Friday: 07:30 - 14:00
Saturday: Closed
Sunday: Closed

Blits Electrical & Hardware Pretoria
[email protected]
012 332 1815
View Profile
TREE Moot Branch
[email protected]
012 333 5246
View Profile
Visits: 1706