Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika main banner image

Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika

Potchefstroom Central, Potchefstroom, North West

Place of Worship

62 Molen Street
Potchefstroom Central
Potchefstroom
JB Marks Local Municipality
North West
2520
Contact Number
018 297 3986
Contact Number
018 297 3987/8/9
Fax Number
018 293 1042
Email
[email protected]
Website
https://www.gksa.org.za/

Social Media

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika

Die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika bestaan sedert 1859 reeds, en het van die oorspronklike 5 kerke, tot 388 kerke in 2019 gegroei, Daar is tans 254 predikante. Plaaslike kerke is regoor die RSA en ook in Namibië, Botswana, Zimbabwe en Zambië versprei. Daar is tans 254 predikante wat hierdie kerke, in ongeveer 15 tale bedien. Die GKSA het sy eie Teologiese Skool wat in 1869 in Burgersdorp begin het en sedert 1905 in Potchefstroom gevestig is. Daar is 14 professore en 3 administratiewe beamptes verbonde aan die Teologiese Skool wat by die Fakulteit Teologie van die NWU ingeskakel is.

Elke Gereformeerde gemeente is ʼn selfstandige kerk wat in gehoorsaamheid aan die Koning van die kerk Sy Woord verkondig en alles wil doen waarvoor Hy sy kerk wil gebruik. Elke gemeente staan daarom bekend as “Die Gereformeerde Kerk ....”. Die kerke saam is as Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (GKSA) een in kerkverband, en vergader saam in meerdere vergaderings (Klassis, streeksinode en algemene sinode) om mekaar te kan bystaan in die vervulling van die kerk se roeping.

Die Teologiese Skool het ook sy eie biblioteek. Die GKSA beskik oor ’n eie argief en ’n doelmatige geboue-kompleks wat ook ’n toegeruste ouditorium insluit. Die GKSA het ekumeniese bande met kerke in die VSA, Skotland, Nederland, Australië, Nieu-Seeland, Brasilië, die Kongo, Japan en Korea. Die GKSA staan op die grondslag van die Heilige Skrif, die drie Formuliere van Eenheid en die Dordtse Kerkorde.

Read More...

Kantoorure / Office Hours:
Maandag tot Vrydag / Monday to Friday: 07:30 - 13:00, 14:00 - 16:00 
Saterdag / Saturday: Closed
Sondag / Sunday: Closed

Gereformeerde Kerk Totiusdal

012 333 2432
View Profile
Gereformeerde Kerk Oos-Moot

012 332 1991
View Profile
Gereformeerde Kerk Potchefstroom die Bult

018 297 4843
View Profile
Gereformeerde Kerk - Vereeniging Drie Riviere

082 775 6557
View Profile
Visits: 1119