Jamii uses necessary cookies and privacy-preserving aggregate measurement to run the site. Your choices control Google Analytics cookies, richer analytics, and optional Google embeds such as maps.


547 Frelon Street, Elardus Park, Pretoria East, Gauteng, 0181, South Africa
Closed now · 08:00 - 14:00
Use the fastest route to connect, then keep the full contact details handy below.
Use the map for context, then jump straight into your preferred maps app when you are ready to go.
Google Maps embeds load after you allow functional cookies and embedded services.
Welkom by die gemeente wat omgee - NG Kerk Elarduspark Mag jy hier tot rus kom in God. Hier by NG Kerk Elarduspark in Pretoria verwelkom ons mense soos jy, net soos jy is, sodat jy saam met ons kan behoort aan ‘n omgeegemeenskap (van eensaamheid tot gemeenskap). Elarduspark is ‘n voorstedelike gebied wat soggens erg bedrywig kan wees. Kinders moet by kleuterskole of die laerskool of hoërskool afgelaai word. Volwassenes moet in druk verkeer oral in Gauteng by hulle werk uitkom (beelde van R21 en N1 bordjies). Daar is nie tyd vir mors nie en dinge moet vinnig en effektief gedoen word. In ‘n wêreld waar jy voel alles verander voortdurend en dinge raak almeer onseker en elke dag het ‘n ekstra kwota druk, wil ons jou graag begelei na God se hart van liefde en omgee vir elke mens. Ons stem met Augustinus saam wat gesê het: “My siel bly onrustig totdat dit in God rus gevind het”. In hierdie gemeente glo ons in ‘n teologie van genade waar ons groen weivelde en waters van rus in God kan vind. In hierdie gemeente kan jy help om die wêreld ‘n beter plek te maak. Hier gaan jy sien hoe mense bemagtig word (van uitdagings na uitkoms, van grense na brue). Hier sien jy hoe kinders gekoester word om te groei in die liefde van God. Hier ontdek hulle hul uniekheid as beelddraers van God (van doop tot laerskool). Ons tieners kom elke dag onder erge druk en hulle sukkel soms om te oorleef. Hier wil ons hulle begelei om geestelik weerbaar te wees as dissipels van Jesus ( van jeugbediening na jongwerkendes). Manne leef in vandag se wêreld onder ekstra druk en daarom het ons spesiale geleenthede waar die manne vrymoedig hulle daaglikse laste rondom die Woord kan deel. Dieselfde geld die vroue in ons gemeenskap en ook hulle het byeenkomste waar hulle mekaar liefdevol ondersteun en bemoedig. Hier stap ons saam deur al die fases van die lewe .
Contact this business directly from its profile.