Laerskool Fichardtpark main banner image

Laerskool Fichardtpark

Fichardt Park, Bloemfontein, Free State

Educational Institution

Welthagen Street
Fichardt Park
Bloemfontein
Mangaung
Free State
9301
Contact Number
051 522 8166
Fax Number
051 522 6661
Email
[email protected]
Website
http://www.fichies.co.za/

Social Media

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

Laerskool Fichardtpark "Fichie" - “Volhard en Oorwin”

Laerskool Fichardtpark het sy naam te danke aan die woonbuurt, Fichardtpark in Bloemfontein, waar dit ook geleë is, en is ’n dinamiese gebalanseerde Afrikaanse skool, met ’n waardegedrewe grondslag wat voortreflike onderrig bied om elke kind in totaliteit te ontwikkel.

Die naam Fichardt is weer afkomstig van die bekende Fichardtfamilie. Die woonbuurt is gebou op die plaas, Brandkop wat aan die Fichardtfamilie behoort het. Waar die skool tans geleë is, was ‘n oop stuk veld waar wild en vee gewei het. ‘n Klompie jare gelede was Fichardtpark ‘n plaas wat ‘n ent buite Bloemfontein geleë was.

Die skool is op 18 Januarie 1977 geopen met 171 leerders van graad 1 tot graad 3. Mevrou Retha Wolvaardt was aangewys as die eerste waarnemende skoolhoof, saammet ses ander personeellede. Die skoolgebou was nog in aabou toe hulle die eerste dag geopen het.

Missie & Doelstellings

Om ’n dinamiese gebalanseerde Afrikaanse skool te wees, met ’n waardegedrewe grondslag wat voortreflike onderrig bied om elke kind in totaliteit te ontwikkel.

Ons stel ons ten doel om:

- aan alle leerders van die skool onderrig van hoë kwaliteit te bied gegrond op waardes, Afrikaanse moedertaalonderrig en kulturele erfenis
- ‘n dinamiese onderwysstrategie te volg wat tred hou met ontwikkeling
- elke leerder liggaamlik en geestelik tot sy volle potensiaal te ontwikkel deur middel van ’n gebalanseerde akademiese-, -kulturele- en sportprogram binne ’n veilige omgewing
- ’n opvoedkundige instansie te handhaaf waarbinne elke opvoeder beroepsekuriteit, professionele selfstandigheid, doeltreffende benutting, werkstevredenheid en persoonlike ontwikkeling kan ervaar
- die gemeenskap en omgewing waarbinne die skool funksioneer doelgerig te betrek en op voortreflike wyse te dien
- die skool te bestuur en te bedryf ooreenkomstig aanvaarde en gesonde beheer- en bestuursbeginsels
- ’n tradisievaste en waardegedrewe skool te wees

Read More...

SKOOLURE:
Graad 1 – 2:
07:30 -13:00 (Ma. – Vr.)
Graad 3: 07:30 -13:15 (Ma. – Do.) 07:30 – 13:00 (Vr.)
Graad 4 – 7: 07:30 -13:30 (Ma. – Vr.)

TREE Fichardtpark Branch
[email protected]
051 522 6806
View Profile
Hoërskool Fichardtpark
[email protected]
051 522 6927
View Profile
Visits: 709