Laerskool Hennopspark main banner image

Laerskool Hennopspark

Hennopspark, Centurion, Gauteng

Educational Institution

300 Blackwood Road
Hennopspark
Centurion
City of Tshwane
Gauteng
0157
Contact Number
012 654 4308
Contact Number
Email
[email protected]
Website
https://hennops.com/

Social Media

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

Laerskool Hennopspark Primary School

Laerskool Hennopspark is geleë in HennopsparkCenturion en is 'n skool waar God regeer - 'n skool vir kinders. 'n Skool waar elke kind 'n wenner word en waar tradisie geskep en uitgebou word. Ons Kaalvoetskool is verfrissend anders!

Gedurende die sewentigerjare is Hennopspark, as voorstad van Centurion, gekenmerk deur ‘n baie sterk landelike karakter. Aan die grense van die jong, ontwikkelende gebied was dit nie ‘n vreemde gesig om skape in die middel van die pad aan te tref nie, of ‘n kar te sien wat gaan staan het in die middel van die laagwaterbruggie nie…

In 1981 is die wense van die groeiende getal inwoners van Centurion bewaarheid, toe ‘n Afrikaanse laerskool in Hennopspark opgerig is.

Laerskool Hennopspark het op 7 Januarie 1981 sy deure geopen met Meneer J.J Grové, as hoof, nege leerkragte en twee honderd sewe en veertig kinders. Die skool het met rasse skrede gegroei sedert die beginjare en daar is tans ongeveer 1900 leerders en 150 opvoeders.

Na al die jare is dit steeds die strewe van ‘n toegewyde personeelkorps, in vennootskap met ouers wat nie skroom om betrokke raak nie, om as skool lig van Sy Lig in die gemeenskap te wees.

Jou Kaalvoetskool is gereed vir 2022!

Read More...

Skoolure:
Maandae tot Vrydae: 07:30 - 13:45
Saterdae & Sondae: Gesluit

TREE Raslouw Branch
[email protected]
081 276 0426
View Profile
Visits: 576