Laerskool Generaal Hendrik Schoeman (GHS) main banner image

Laerskool Generaal Hendrik Schoeman (GHS)

Schoemansville, Hartbeespoort, North West

Educational Institution

45 Marais Street
Schoemansville
Hartbeespoort
Madibeng
North West
0216
Contact Number
012 253 1011
Fax Number
012 253 1171
Email
[email protected]
Website
https://www.lghs.co.za/

Social Media

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

Laerskool Generaal Hendrik Schoeman (GHS) - 'Schoemies' - Primary School 

Laerskool Generaal Hendrik Schoeman (GHS) is geleë aan die voet van die Magaliesberg in Schoemansville, Hartbeespoort, Noordwes en GHS beywer hom vir die totale ontwikkeling van die kind. Elke Schoemie is in eie reg ‘n wenner en word toegerus om hulself te kan handhaaf in ‘n uitdagende en kompeterende wêreld.

Schoemie-akademie is waardegedrewe met die oog op ‘n positiewe toekomsverwagting. Ons spog met ‘n onderwyskorps wat elkeen ‘n kenner op hulle vakgebied is. Toegewyd, toegerus en met ‘n hart vir ons kinders sal elke leerkrag die ekstra myl loop om die gewenste uitkoms te bereik.

Reeds vanaf Gr.R word elke Schoemie begelei tot kennis, vaardighede en gesonde waardes. By Schoemieland gaan elkeen spelenderwys op ‘n wonderlike ontdekkingsreis van ontwikkeling en klem word gelê op die uniekheid van elke mensie.

S - Skool van uitnemendheid; Waar ons alles na die beste van ons wete en vermoëns doen.
U - Uitstekende geleenthede wat aan elke leerder op alle terreine gebied word.
K - Kind gesentreerde leeromgewing, met akademie wat elkeen toerus vir die volgende graad en die lewe.
S - Strewe na groei op geestelike, liggaamlike en emosionele vlakke elke dag.
E - Erkenning aan elkeen se talente, waardering vir toewyding, triomf in oorwinnings (klein of groot).
S - Saam is ons beter en elke positiewe verhouding: onderwyser-kind, ouer-kind; dra by tot sukses.

Met bogenoemde ses punte in aggenome kan ons die jaar afsluit en breëbors, maar nie grootkop, loop en sê - Vader, sy Seun met die leiding van die Heilige Gees, was vir ons goed. Ons weet dit is nie uit verdienste nie, maar werklik uit genade.

Wanneer 'n mens "gedwing" word om stil te staan en 'n evaluering te maak - dan weet 'n mens dat 'n jaar voluit gelewe, is 'n jaar "genoeg" gelewe. Schoemies het hierdie jaar suksesse bereik omdat daar voluit gelewe is op alle terreine. Dankie aan elkeen wat op welke gebied ookal 'n bydrae gelewer het.

Deel saam met ons die lief en leed van 2021, die hoogtepunte, al die baie aktiwiteite; hoe vol elke kwartaal was, maar beslis hoe baie ons kinders, onderwysers en ouers dit geniet het om Schoemies te wees want:

"Dit is 'n fees om 'n Schoemie te wees"

Read More...

Skoolure:
Maandag tot Vrydag: 07:30 - 13:45
Saterdag & Sondag: Gesluit

Visits: 499