Laerskool Monumentpark main banner image

Laerskool Monumentpark

Monument Park, Pretoria East, Gauteng

Educational Institution

26 Okapi Road
Monument Park
Pretoria East
City of Tshwane
Gauteng
0181
Contact Number
012 460 6607
Fax Number
086 645 6166
Email
[email protected]
Website
http://www.monnies.co.za/

Social Media

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

Laerskool Monumentpark - 'Monnies' - Primary School

Laerskool Monumentpark is geleë in Monument ParkPretoria en Monnies strewe om ‘n skool van voorkeur te wees deur die aanbieding van uitsonderlike onderwys, opvoeding, lewenswaardes en –vaardighede aan elke leerder.

Grondslagfase (Graad 1 tot Graad 3): Ons ervare en liefdevolle personeel ontvang alle Blinkoog Monnies elke dag. Met toewyding en ondersteuning sorg hulle dat die ervaring by die skool elke dag die lekkerste-lekker is! Laerskool Monumentpark het 6 Graad R, 5 Graad 1 en 2, en 6 Graad 3 klasse.

Intersenfase (Graad 4 tot Graad 7): By Laerskool Monumentpark is uitnemendheid die dryfveer agter ons akademiese sukses. ‘n Hoogsgekwalifiseerde en toegewyde personeelkorps lei met entoesiasme, terwyl ‘n goeie balans tussen tradisionele en innoverende onderrigmetodes gehandhaaf word.

KAVS word met sukses in die Intersenfase geïnkorporeer. Deurlopende assessering stel ons in staat om probleemareas spoedig te identifiseer, evalueer en effektief aan te spreek. ‘n Intensiewe heronderrig en remediëringprogram word met vrug aangebied en waar nodig ontvang leerders addisionele steun van ons bekwame Leerderondersteuningspan. Vaardigheidsontwikkeling word holisties benader en die inkorporering van tegnologie, vernuwende denke en ‘n “uit-die-boks” aanbiedingstyl getuig hiervan.

Ons Visie:
Laerskool Monumentpark strewe daarna om ‘n skool van voorkeur te wees deur die aanbieding van uitsonderlike onderwys, opvoeding, lewenswaardes en –vaardighede aan elke leerder wat daaraan toevertrou word.

Ons Slagspreuk: “Blinkoog Monnies”

Read More...

Kantoor-ure:
Maandae tot Donderdae: 07:00 - 14:30
Vry
dae: 07:00 - 13:45
Saterdae & Sondae: Gesluit

Skoolure:
Maandae tot Donderdae: 07:30 - 13:30
Vry
dae: 07:30 - 12:00
Saterdae & Sondae: Gesluit

TREE Brooklyn Branch
[email protected]
012 362 1396
View Profile
Laerskool Generaal Nicolaas Smit
[email protected]
012 379 2232
View Profile
Visits: 950