Laerskool Menlopark main banner image

Laerskool Menlopark

Menlo Park, Pretoria East, Gauteng

Educational Institution

10th Street
Menlo Park
Pretoria East
City of Tshwane
Gauteng
0081
Contact Number
012 460 7201
Fax Number
012 460 2304
Email
[email protected]
Website
http://menlolaer.co.za/

Social Media

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

Laerskool Menlopark - 'Parkie' - Primary School

Laerskool Menlopark is geleë in MenloparkPretoria en is ‘n skool met ‘n unieke en trotse geskiedenis wat reeds vir meer as 60 jaar in die ou ooste van Pretoria kinders verwelkom en tuis laat voel. Hier by ons word gefokus op uitnemende onderwys binne ‘n milieu waar ons waardes van liefde, respek, nederigheid, integriteit, verantwoordelikheid en entoesiasme uitgeleef word. Die personeel, leerlinge en ouers vorm ‘n voortreflike span wat elke dag met toewyding en entoesiasme ons kinders onderrig en hulle belange bevorder.

Menlopark Laerskool is een van die eerste gevestigde skole in die Ooste van Pretoria, met 'n baie trotse kultuur en geskiedenis wat oor die jare ontwikkel is tussen elke parkie, ouer en onderwyser. Ons spog met tradisies wat oor die jare gevorm is, en dit kan saamgevat word in ons credo: "Hier kry ons vlerke", want elke Parkie wat ons skool verlaat is reg om die geleenthede te gaan ontgin.

Gr. 0: Laerskool Menlopark het ‘n puik Graad 0 sentrum waar kleuters in klein klassies die vaardighede kan bemeester wat hulle nodig het om ‘n sukses van hul skoolloopbaan te maak. Alhoewel die Gr. 0 sentrum deel van die laerskool vorm, word daar ‘n unieke program gevolg wat spesifiek ontwikkel is vir kinders van daardie ouderdom.

Gr. 1-3: Ons poog om ‘n ondersteuningsnetwerk te vestig vir die ontwikkeling van elke leerling om sodoende ‘n gelukkige en gebalanseerde kind daar te stel. Ons strewe daarna om saam met al die personeel wat met Gr.1-3 leerlinge werk, ‘n omgewing te skep waar die leerlinge kan eksperimenteer, ontdek en speel-speel leer. Hier spog ons skool met een van die beste Grondslagfase-afdelings in die land met die uitnemendste onderwysers.

Gr. 4-6: 6 Vakke word aangebied soos voorgeskryf deur die Gautengse Onderwysdepartement. Alle lesmateriaal word getoets aan die hand van ‘n heelbreinkriteria.

Gr. 7: 8 Vakke word aangebied soos voorgeskryf deur die Gautengse Onderwysdepartement. Alle lesmateriaal word getoets aan die hand van heelbreinkriteria.

Laerskool Menlopark is ‘n inklusiewe en unieke hoofstroomskool, wat voorsiening maak vir alle leerlinge en om vir leerders 'n stimulerende leeromgewing te skep waar Christelike norme en waardes in ag geneem word en wat gebalanseerde heelbrein potensiaalontwikkeling met selfstandige denke en selfwerksaamheid te verseker.

Laerskool Menlopark se credo: “Hier kry ons vlerke

Read More...

Skool-ure:
Maandae tot Vrydae: 07:25 - 13:30
Saterdae & Sondae: Gesluit

TREE Brooklyn Branch
[email protected]
012 362 1396
View Profile
Visits: 638