Ballito Gesinskerk NG Noordkus main banner image

Ballito Gesinskerk NG Noordkus

Ballito, KwaZulu-Natal

Place of Worship

21 Drive-In Way
(Off Leonora Drive)
Ballito
iLembe, KwaDukuza
KwaZulu-Natal
4420
Contact Number
032 946 1198
Email
[email protected]
Website
http://www.noordkus.co.za/

Social Media

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

Ballito Gesinskerk - NG Gemeete Noordkus

Ballito Gesinskerk is 'n Afrikaanse NG Kerk in Ballito en ons streef daarna om 24/7 in die spore van Christus te stap en so 'n impak in die wêreld te maak. Amptelik staan ons bekend as NG Gemeente Noordkus, maar ons verkies om onsself Ballito Gesinskerk te noem om die karakter van die gemeente beter te weerspieël.

Ons gemeente se kerkgebou is geleë in die pragtige kusdorp Ballito, sowat 50km noord van Durban. ‘n Bruisende dorp wat tans teen ‘n oorverdowende tempo groei en waar talle beroemdes dit hulle tuiste gemaak het. Ballito is egter slegs die kernpunt van die gemeente wat strek oor die kusstrook vanaf die Umdlotirivier in die suide tot by die Tugelarivier in die noorde, ‘n strook van 60km. Die 40 km binnelandse gedeelte sluit in Stanger / KwaDukuza, wat reik oor golwende groen heuwels, bedek met eindelose suikerrietlande en Makadamia-boorde tot by Maphumulu.

Hierdie gemeente is ‘n waardige ou dame van 81 jaar oud, die eerste gemeente wat van die destydse Durban gemeente afgestig het en aldus die weg gebaan het vir die ontstaan van al die gemeentes aan die kus van die destydse Natal. Ons is ‘n klein Afrikaanse kerngroep in ‘n oorwegend Engels- en Zoeloesprekende gemeenskap waar die Christelike geloof wat ons aanhang maar ‘n deeltjie is van ‘n magdom ander godsdienste soos Islam, Hindoe, Shembe en tradisionele Afrika-godsdiens. Boonop wissel die ekonomie van die gemeenskap van die welgestelde/bevoorregte, wêreldberoemde kuswoud-paradys Zimbali tot die minder bevoorregte informele nedersettings. Binne hierdie warboel van godsdienste en kulture skyn ons lig helder om die liefde van Jesus uit te straal na ‘n pikdonker wêreld.

Ons gemeente het 389 lidmate waarvan 25 kleuters, 31 jongmense tussen 7 en 17 jaar, 74 volwassenes (18-40) 147 middeljariges (41-65) en 137 bejaardes. Dus is die oorgrote meerderheid (70%) bo 40. Die vraag is, hoe ervaar en beleef ons gemeente God se koninkryk te midde van so ‘n oorweldigende wêreld?  Die vraag is, hoe dien en bou ons gemeente God se koninkryk in so ‘n diverse wêreld?

Die groot geheim is omgee en liefde! Daar is ‘n gees van hierdie twee elemente wat uitstraal elke keer wanneer die gemeente bymekaarkom. Elke Sondag word daar lank en lekker gekuier na die erediens en vreemdelinge word dadelik ingetrek in die gesprekke. Ons is beslis nie ‘n geslote groepie nie! Wat egter belangrik is, is dat dit nie slegs by die kerk bly nie, maar dat dieselfde gees van omgee ook sigbaar is wanneer gemeentelede mekaar byvoorbeeld in die supermark raakloop. 

Maar ons ervaar ook God se koninkryk binne ons eredienste waar Sy teenwoordigheid tasbaar is in ‘n gewyde atmosfeer ten spyte daarvan dat die eredienste gemaklik en kindervriendelik is. Ons poog om eredienste in te rig om te pas by die geleentheid en om daarmee ‘n ware atmosfeer van aanbidding te skep. Dit word verder versterk deur ‘n bekwame en begeesterde sangbediening wat uiters professioneel aangebied word om die regte stemming vir die oomblik te skep en terselfdertyd die gemeente aan te spoor tot lof en aanbidding deur hulle entoesiasme. Ons ervaar dan ook ‘n spiritualiteit in ons eredienste wat ons waarlik aan God bind en ons diens aan Hom tot groter hoogtes voer. Ons eredienste word op video opgeneem en lewendig op Youtube vertoon waar dit wêreldwyd gekyk word. Ons eredienste word direk op Youtube vertoon, waar dit wêreldwyd gekyk word.

Die vraag is ook gevra of ons gemeente gehoorsaam is aan God se opdragte aan Sy kerk? Die opdrag om na al die nasies te gaan, kry beslag op verskeie terreine soos ons internetbediening wat reeds vir die afgelope twintig jaar daagliks duisende mense regoor die wêreld inspireer met oordenkinge. In ons eie gemeenskap word die Woord gebring aan ander bevolkingsgroepe deur Simunye-ku-Jesu (verenig in Jesus). Ons ondersteun ook verskeie sendingorganisasies. Op maatskaplike terrein reik ons gereeld uit na minder bevoorregtes, ‘n kinderhuis, ‘n tehuis vir bejaardes, ons plaaslike VGK gemeente en ‘n instelling waar mishandelde vroue en ongehude moeders versorg word. Ons poog om ‘n ware missionêre missionale gemeente te wees wat uitreik na ander, maar daar is steeds baie ruimte om meer hierin te groei.

Ons het ‘n aktiewe kleingroepbediening in die vorm van selgroepe. Deel van ons visie is om hierdie bediening drasties uit te brei. Daar is egter ook groepe in ander vorms as selgroepe soos ‘n aktiewe mannegroep wat gereeld bymekaarkom. So ook ‘n vroue groep, ‘n gebedsgroep, ‘n Bybelstudiegroep en ‘n groep dames wat gereeld bymekaarkom om koeksisters te bak. Dan is daar natuurlik ons pannekoekspan wat elke Saterdag pannekoek en vetkoek bak. Hierdie diens is uiters gewild in die gemeenskap en lewer ‘n waardevolle diens en inkomste!

In kort kan ons opsom dat Ballito Gesinskerk ‘n ware omgee-gemeente is wat Jesus se liefde uitstraal. 

Read More...

KANTOOR URE:
Maandag: 10:00 - 15:00 
Dinsdag: 08:00 - 12:00
Woensdag: 08:00 - 15:00  
Donderdag: 08:00 - 12:00 
Vrydag: 08:00 - 12:00  
Saterdag: Gesluit 
Sondag: 08:30 - 09:30

SONDAE DIENSTYE:
Daar is elke Sondagoggend om 08:30 'n erediens.
Die erediens sal elke Sondagmiddag op Youtube beskikbaar wees.

Search Partners Category
AFM-AGS Lig & Lewe (Ballito) Place of Worship AGS Ballito Kerk Church Ballito Church Ballito Zinkwazi Lig en Lewe Ballito
Beacon of Care - Salt Rock Non-Profit Organisation Beacon of Care Salt Rock Ballito
AFM-AGS Lig & Lewe (Ballito)
[email protected]
083 253 5100
View Profile
Beacon of Care - Salt Rock
[email protected]
065 135 5214
View Profile
Visits: 545