Jamii uses necessary cookies and privacy-preserving aggregate measurement to run the site. Your choices control Google Analytics cookies, richer analytics, and optional Google embeds such as maps.


145 Alethea Street, Die Hoewes, Centurion, Gauteng, 0157, South Africa
Hours available
Use the fastest route to connect, then keep the full contact details handy below.
Use the map for context, then jump straight into your preferred maps app when you are ready to go.
Google Maps embeds load after you allow functional cookies and embedded services.
AGS Centurion is geleë in Die Hoewes , Centurion en ons eredienste word gekenmerk aan 'n diep teenwoordigheid van die Heilige Gees, Gees-geinspireerde aanbidding, en inspirerende preke. Ons Herderspaar , Pastoor Rudi en Marisa Briel is vir die afgelope 34 jaar in die voltydse bediening. Sy bediening word gekenmerk aan suiwer Woord-gefundeerde prediking, en ‘n erkenning aan die onderskeie werkinge en betrokkenheid van die Heilige Gees in die koninkryk van God. Die herderspaar dien reeds die afgelope 10 jaar in AGS Centurion , en het in hierdie tyd verskeie mylpale in die gemeente behaal. Ons Jeugpastoorspaar , Pastoor Justin en Jané het op 1 Mei 2022 by ons aangesluit. Hul bedieningsveld strek vanaf die Victors Kinderkerk tot ouderdom 40 jaar. Justin en Jané het ‘n drie jarige seuntjie, Angus. Hulle woon tans in Lynnwood in Pretoria. Hierdie paartjie is saam opgewonde om vir God se Koninkryk te werk en die voltydse bediening te betree. Hulle streef daarna om die Jeugbediening uit te brei. Pastoor Justin se visie is om ‘n boodskap van hoop te bring, en dit is wat hy wil oordra, veral in die post Covid-19 era. Filippense 4:19 (Afr 83, vertaling):” En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus ”.
Contact this business directly from its profile.