Jamii uses necessary cookies and privacy-preserving aggregate measurement to run the site. Your choices control Google Analytics cookies, richer analytics, and optional Google embeds such as maps.


31 Genevieve Street, (Cnr Daffodil & Genevieve Street), Farrarmere, Benoni, Gauteng, 1501, South Africa
Hours available
Use the fastest route to connect, then keep the full contact details handy below.
Use the map for context, then jump straight into your preferred maps app when you are ready to go.
Google Maps embeds load after you allow functional cookies and embedded services.
AFM-AGS Farrarmere (Benoni) AFM-AGS Farrarmere is ‘n gemeente in Farrarmere , Benoni en ons glo in die Drie-Enige God, in Sy Woord, Waarheid en Wonderwerke. Ons glo in die krag van gebed en die mag van lof en aanbidding en ons roeping is om God se hande en voete hier op aarde te wees. Die AGS Farrarmere gemeente is in 2012 gestig. As mid-grootte Gemeente ervaar jy onmiddelik die warm familiegevoel waaneer jy by ons kom kuier. Elkeen wat hier instap is vir ons belangrik en maak vir ons saak. Dit is die hart en missie van ons bestaan om ons lidmate en vriende asook ‘n soekende wêreld, met die reddened liefde van Jesus Christus te bedien. Daarom sê ons- Welkom Tuis ! Die simboliek agter ons logo is 'n jubelende mensfiguur, ge-anker op drie rotse- die Vader, Seun en Heilige Gees. Uit die rotse vloei die water van die Lewe- geanker om rotsvas in Christus te leef! Dit is ons bede vir elkeen van ons lidmate. Gert en Retha Vrey het in 2012 by ons Gemeente aangesluit as ons Visionêre Leiers van die Gemeente. Gert, as praktiserende Pastoor en Retha as professionele oudioloog, is beide passievol oor verhoudingbou en diensbaar wees vir mense. Hul daadwerlike omgee vir ons geloofsgemeenskap en omgewing is sigbaar in alles wat hulle aanpak. As visionêre leierspaar, is Gert en Retha ‘n dinamiese en ervare herderspan wat met groot vrug in die koninkryk van God werksaam is. En die antwoord is altyd ja, as jy hom sou nooi vir ‘n lekker koppie koffie! Ons is ‘n gemeente van die Apostoliese Geloofsending ( AGS ) en ons is deel van die Familia Dei Netwerk . AFM stands for “ Apostolic Faith Mission ” ( in Afrikaans: “ AGS – Apostoliese Geloofsending ”). The AFM exists since 1908 and is the first and largest Pentecostal church in the country – with 1.4 million members in SA and currently established in 29 countries of the world. “ Pentecostal ” means that it is a church who believes that the Spirit of God is given to believers to live dynamic and overcoming lives. Ons maak 'n verskil deur passievol onsself uit te leef as 'n familie in GOD.
Contact this business directly from its profile.