Jamii uses necessary cookies and privacy-preserving aggregate measurement to run the site. Your choices control Google Analytics cookies, richer analytics, and optional Google embeds such as maps.


AFM-AGS Kentrikos - Robertson Welkom by AGS Kentrikos Gemeente in Robertson Sentraal . Ons is ‘n pinksterkerk wat glo in God die Vader, die Seun en die Heilige Gees. Dit is vir ons belangrik om ‘n geestelike tuiste te skep vir mense waarin hulle met die Heilige Gees kan ontmoet op ‘n tasbare wyse. Ons beskou die taak van dienste om mense toe te rus vir hulle dienswerk volgens Efesiërs 4:12. ‘ Kentrikos ’ is vertaling van sentraal. Die opdrag is om bymekaar te kom op ‘n sentrale plek om toegerus te word vir die dienswerk volgens elkeen se gawes in die gemeenskap. Ons harte is om die evangelie en goeie nuus uit te dra deur betrokke te wees. Om in te skakel beteken inkoop op ‘n Goddelike opdrag volgens Matteus 28:19-20, om uit te gaan en mense dissipels te maak. Ons wil sigbaar en betrokke wees in die gemeenskap om geleentheid te skep vir die Here om deur ons te werk. Betrokkenheid kan geskied d.m.v. diensbywoning, bediening, berading/ bevryding, aanbidding en inskakeling by groeigroepe om deel te vorm van die gemeenskap van die heiliges. So dra ons mekaar se laste en kom nader aan die volmaakte boodskap van ons Vader. Die Afkorting AGS staan vir “ Apostoliese Geloof Sending ” (in English: “AFM – Apostolic Faith Mission”). Die AGS bestaan sedert 1908 en is die eerste en grootste Pinkster kerkgenootskap in die land - met meer as 1.4 million lede in SA en ook gevestig in 29 ander lande van die wêreld. Ons gemeente onderwerp ons aan die beheer en gesag van die Apostoliese Geloofsending van Suid Afrika (AGS). “ Pinkster ” dui daarop dat dit 'n kerk is wat glo dat die Heilige Gees van God gegee is aan gelowiges om 'n dinamiese lewe in oorwinning te kan lewe.
Use the map for context, then jump straight into your preferred maps app when you are ready to go.
Google Maps embeds load after you allow functional cookies and embedded services.
Contact this business directly from its profile.