Jamii uses necessary cookies and privacy-preserving aggregate measurement to run the site. Your choices control Google Analytics cookies, richer analytics, and optional Google embeds such as maps.


AGS Lofoord * Ons Rede van Bestaan: Die AGS Lofoord gemeente beywer hom om 'n geloofs- en genade-gevulde gemeenskap te bevorder wat Christus as Here vier op 'n waardige, respekvolle en egte manier om getroue dissipels te ontwikkel in diens van die Meester en sy Kerk. Hulle sal die evangelie van Sy liefde en genade met mekaar deel en versprei buite die grense van die gemeente en gemeenskap vir 'n voortdurende positiewe impak op die mensdom. * Ons leuse is eenvoudig: Werklike Mense, Werklike Geloof, Werklike Kerk! Ons weet dat wanneer die kerk stil staan, verouderd en sonder geestelike vrugte en groei is, is dit 'n aanduiding dat iets verkeerd is met die verhouding waarin Christus erken en beleef word. Aangesien daar 'n voortdurende openbaring van Christus in die kerk is, en mense Hom meer leer ken in Sy herstellende, genesende, reinigende, heiligende, liefde-genereerende, toerusende, vreugde-verskaffende en hoop-skeppende energie, sal vernuwing iets natuurliks en voortdurends wees. “Ecclesia reformata semper reformanda” Die kerk wat hervorm is, moet voortdurend hervorm word. Die kerk is werklik kerk slegs in die mate waarin dit daarin slaag om die koninkryk (heerskappy) van God te openbaar. Kom besoek ons en ervaar die verskil!
Use the map for context, then jump straight into your preferred maps app when you are ready to go.
Google Maps embeds load after you allow functional cookies and embedded services.
Contact this business directly from its profile.