Jamii uses necessary cookies and privacy-preserving aggregate measurement to run the site. Your choices control Google Analytics cookies, richer analytics, and optional Google embeds such as maps.


2 Buffel Street, Reyno Ridge, Emalahleni (Witbank), Mpumalanga Province, 1049, South Africa
Closed now · 08:00 - 12:00
Use the fastest route to connect, then keep the full contact details handy below.
Use the map for context, then jump straight into your preferred maps app when you are ready to go.
Google Maps embeds load after you allow functional cookies and embedded services.
AFM-AGS Reynorif Oasis - Witbank Welkom by die AGS Reynorif Oasis gemeente. Dit is vir ons ‘n voorreg om jou by ons gemeente te verwelkom. Hier is almal is welkom, ongeag jou agtergrond of waar jy jou op jou lewensreis bevind. So indien jy opsoek is na ‘n tuiste waar jy Jesus as jou Saligmaker kan vind en of jy alreeds ‘n belydende Christen is en jy jou geestelike lewe wil verdiep dan is hierdie die gemeente vir jou. Die AGS Reynorif Oasis gemeente is ‘n liefdevolle , passievolle , omgee gemeente wat in alles en deur alles God wil verheerlik. Ons wil jou uitdaag om betrokke te raak sodat jy tot jou volle potensiaal in Christus sal ontwikkel. Ons sien uit om jou te ondersteun in jou betrokkenheid by ons gemeente. AGS afkorting staan vir “ Apostoliese Geloof Sending ” ( in English: “ AFM – Apostolic Faith Mission ”). Die AGS bestaan sedert 1908 en is die eerste en grootste Pinkster kerkgenootskap in die land - met meer as 1.4 million lede in SA en ook gevestig in 29 ander lande van die wêreld. Ons gemeente onderwerp ons aan die beheer en gesag van die Apostoliese Geloofsending van Suid Afrika ( AGS ). “ Pinkster ” dui daarop dat dit 'n kerk is wat glo dat die Heilige Gees van God gegee is aan gelowiges om 'n dinamiese lewe in oorwinning te kan lewe.
Contact this business directly from its profile.