Jamii uses necessary cookies and privacy-preserving aggregate measurement to run the site. Your choices control Google Analytics cookies, richer analytics, and optional Google embeds such as maps.


1 Bond Street, Clydesdale, Pretoria East, Gauteng, 0002, South Africa
Hours available
Use the fastest route to connect, then keep the full contact details handy below.
Use the map for context, then jump straight into your preferred maps app when you are ready to go.
Google Maps embeds load after you allow functional cookies and embedded services.
Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria - AFFIES is vanjaar 101 jaar oud. Afrikaanse Hoër Meisieskool is geleë in Clydesdale , Pretoria en in 2021 – die jaar waarin ons skool 101 word kan ons terugkyk oor vele jare waarin ons skool van ‘n nederige begin gegroei het tot ‘n skool waarmee daar op alle vlakke in die samelewing rekening mee gehou moet word. Die skool is dankbaar vir soveel seëninge wat ons al soveel jare verryk. Ons beaam wat ons broers oorkant die straat sê: “ Affies is nie net ‘n skool nie – dit is ‘n leefwyse.” ‘n Mens spandeer nie tyd by hierdie skool en gaan onaangeraak weg nie. Affies was al ‘n hawe vir soveel mense. Mag dit in die toekoms steeds die geval wees. Mag dit waarvoor Affies al die jare gestaan het, steeds behoue bly. Mag die skool en almal wat ‘n verbintenis met haar het, steeds van krag tot krag gaan. Matriekuitslae 2020 Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria wens die matrieks van 2020 geluk met hulle uitstekende matriekuitslae. Die skool behaal ‘n 100% slaagsyfer, 221 leerlinge verwerf 677 onderskeidings dit is 3,1 onderskeiding per leerling. 71 leerders slaag met ‘n gemiddeld van bo 80% Die groep spog met ‘n graadgemiddeld van 75,26% 99,02% slaag met Universiteitstoelating Ons sien haar wen!
Contact this business directly from its profile.