Jamii uses necessary cookies and privacy-preserving aggregate measurement to run the site. Your choices control Google Analytics cookies, richer analytics, and optional Google embeds such as maps.


1 Lynnwood Road, Clydesdale, Pretoria East, Gauteng, 0002, South Africa
Hours available
Use the fastest route to connect, then keep the full contact details handy below.
Use the map for context, then jump straight into your preferred maps app when you are ready to go.
Google Maps embeds load after you allow functional cookies and embedded services.
Afrikaanse Hoër Seunskool Pretoria - AFFIES is vanjaar 101 jaar oud. Afrikaanse Hoër Seunskool is geleë in Clydesdale , Pretoria en in 2021 – die jaar waarin ons skool 101 word kan ons terugkyk oor vele jare waarin ons skool van ‘n nederige begin gegroei het tot ‘n skool waarmee daar op alle vlakke in die samelewing rekening mee gehou moet word. Die skool is dankbaar vir soveel seëninge wat ons al soveel jare verryk. Die A frikaanse Hoër Seunskool , wat in God en in tydlose en universele waardes soos liefde, waarheid en hoop geanker is, streef daarna om sy unieke tradisie van uitnemende opvoedende onderwys te handhaaf en uit te bou tot voordeel van ons land en sy inwoners. Ons onderskryf die beginsels vervat in die Grondwet en beskou die regte uiteengesit in Hoofstuk 2 van die Grondwet as die basis van hierdie gedragskode. Ons as onderwysers en leerders van die Afrikaanse Hoër Seunskool is lief vir en lojaal aan ons vaderland. Vir ons as onderwysers van die Afrikaanse Hoër Seunskool is elkeen van sy leerders kosbaar. Hulle welsyn en geluk is vir die skool ’n hoë prioriteit. Ons roeping as onderwysers is om, aanvullend tot hul ouers of voogde, ons leerders na volwaardige volwassenheid te begelei. Ons ag onsself dus as vennote van ons leerders se ouers en voogde en streef saam met hulle ’n hegte eenheid met ons leerders na. In Afrikaanse Hoër Seunskool gee ons die ereplek aan God en is dankbaar vir die talente wat ons van Hom ontvang het. In aansluiting by die gees van die aanhef tot die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika: mag God ons skool seën . - Ons streef daarna om hulpvaardig te wees en om te dien. - Ons gehoorsaam en eer ons ouers en onderwysers en gedra ons hoflik teenoor alle mense, veral teenoor dames en ons meerderes. - Ons woord is ons eer. - Ons glo in selfbeheersing, selfdissipline, nederigheid en lojaliteit. - Ons dien ons skool getrou en handhaaf sy goeie naam met woord en daad. - Ons hou onsself en ons omgewing rein en skoon.
Contact this business directly from its profile.