Jamii uses necessary cookies and privacy-preserving aggregate measurement to run the site. Your choices control Google Analytics cookies, richer analytics, and optional Google embeds such as maps.


AGS Huis Van Restourasie - Kimberley Die AGS Huis van Restourasie in Kimberley is deel van die Apostoliese Geloof Sending van Suid Afrika. Ons is 'n gemeente vir die hele huisgesin en streef daarna om elkeen tuis te laat voel waar elkeen dit geniet om met ons te wees. Ons glo in God, ewigdurende, drie-enige, almagtige Skepper, onderhouer en heerser van alle skepping. Ons glo in God die Vader, in Jesus Christus, die enigste Seun van God die Vader, ware God wat vir die wille van die mensdom en sy verlossing uit die hemel neergedaal het en vlees geword het; wat op aarde geleef het, gekruisig, gesterf en begrawe is, wat uit die dood opgestaan het, na die hemel opgevaar het waar Hy aan die regterhand van die Vader sit. Ons glo in die Heilige Gees, ware God wat van die Vader en die Seun uitgaan, wat die wêreld oortuig van sonde, geregtigheid en oordeel en lei in alle waarheid. Ons glo in die Bybel, die geskrewe woord van God. Ons glo dat alle mense geskep is na die beeld van God. Ons glo in die doop in die Heilige Gees, in die spreek met tale, en in die gawes en die vrug van die Gees.
Use the map for context, then jump straight into your preferred maps app when you are ready to go.
Google Maps embeds load after you allow functional cookies and embedded services.
Contact this business directly from its profile.