Jamii uses necessary cookies and privacy-preserving aggregate measurement to run the site. Your choices control Google Analytics cookies, richer analytics, and optional Google embeds such as maps.


AGS Sorteria Gemeente George AGS Sorteria Gemeente George is hier om jou op ‘n vriendelike asook familêre wyse te dien. Ons droom vir jou, is om saam met ons op 'n ontdekkingsreis te gaan waar jy Hom duideliker sal sien in jou daaglikse lewe en jy diep bewus sal wees van Sy werking IN en DEUR jou sodat jy 'n IMPAK kan maak waar jy ookal gaan. Ons almal is opsoek na iets in die lewe, ons soek na geluk, heling, sin, betekenis, vervulling en om iets groter met ons lewe te doen. Ons glo hier by Soteria Gemeente , sal jy daardie lewe in Christus vind wat jy nog altyd na gesmag het. AGS afkorting staan vir “ Apostoliese Geloof Sending ” ( in English: “ AFM – Apostolic Faith Mission ”). Die AGS bestaan sedert 1908 en is die eerste en grootste Pinkster kerkgenootskap in die land - met meer as 1.4 million lede in SA en ook gevestig in 29 lande van die wêreld. “ Pinkster ” dui daarop dat dit 'n kerk is wat glo dat die Heilige Gees van God gegee is aan gelowiges om 'n dinamiese lewe in oorwinning te kan lewe.
Use the map for context, then jump straight into your preferred maps app when you are ready to go.
Google Maps embeds load after you allow functional cookies and embedded services.
Contact this business directly from its profile.